Wednesday 2 March 2016

KERRIEKOOL MET N TWIST


KERRIE KOOL

*eie verwerking Helena *
2kg Kool fyngekerf
1 +1/2kg ui fyngekerf
5ml Sout
25ml Mielieblom [Maziena]
3 k Asyn
2 t Kerrie poeier
1+ 1/2 t Borrie
750ml Suiker [ 3k]
750ml Water [3k]
125ml appelkooskonfyt
125ml Sweet Chillie sous
1/2 t gemmer
1/2 t Tiemie
1/4 t seldery saad[opt]
METODE:
Kook kool en uie tot so halfpad gaar en gooi water af
Gooi weer water by en kook tot sag en gaar en amper droog nie heeltemal nie
Meng nou al die ander bestd by kook so +- 10min
Maak mielieblom aan met n bietjie water en roer by kook tot dik
PASOP dit kan nou brand bottel warm in warm bottels*Baie lekker **Helena Kruger **2/03/2016




KERRIEKOOL IN JOU MIKROGOLF
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/03/kerriekool-met-n-twist.html

Lewer 1,6 lt.
1 kg kopkool
2 middelslag uie
250 ml water
600 ml witasyn
500 – 600 ml witsuiker
100 ml koekmeel
15 ml kerriepoeier
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout
METODE

Verwyder die harde buiteblare van die kopkool.
Halveer en sny die stronk uit en snipper die kool mooi fyn.
Skil en kap die uie fyn.
Plaas die kool en uie in ‘n diep 3,5 lt bak.
Voeg water by en bedek die bak.
Mikrogolf vir 20 minute by volle krag en roer na die eerste 10 minute.
Laat dit goed dreineer.
Meng die asyn, suiker, meel, kerriepoeier, mosterdpoeier en sout in dieselfde bak.
Mikrogolf vir 10 minute op volle krag tot dik en roer gereeld.
Meng die koolmengsel met die kerriesous.
Mikrogolf vir 5 minute oop op volle krag en roer dit een of twee keer.
Skep die warm kerriekool dadelik in gesteriliseerde flesse en verseël.
**Leer Kook Met Jou Mikrogolf**10/12/2016

No comments:

Post a Comment