Tuesday 22 January 2013

DRUIWE-KONFYT


 



DRUIWE KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/druiwe-konfyt.html

Weeg die druiwekorrels af, vir elke 1kg druiwe…750g suiker.
Plaas druiwe in lae met suiker in kastrol.
Verhit die volgende oggend baie stadig totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die sap van 1 suurlemoen vir elke 1kg druiwe by.
Kook die konfyt oor matig hitte en skud jou kastrol sodat die pitte kan opstyg na bo skep die pitte af.
Die konfyt is reg as jy n bietjie stroop in n yskoue piering gooi en dit vorm rimpels as jy dit met jou vinger stoot.
Bottel konfyt warm en verseel
Mikrogolf:
1kg Druiwekorrels
75ml Water
50ml Suurlemoensap
Bedek die bak en mikrogolf dit 10-12min .op 100% krag
Voeg nou 750g suiker by en roer tot die suiker opgelos is
Mikrogolf nou 20-25min “onbedek” op 100% krag tot die regte dikte
Laat die kofyt 5min afkoel bottel en verseel!!!!"Helena Kruger"
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment