Sunday 12 November 2017

KOOLBREDIE



HEERLIKE KOOLBREDIE
     

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2017/11/koolbredie.html
 Daar is twee geheime wanneer jy koolbredie maak: Die kool moet in kookwater le en die vleis moet baie bruin gebraai word. Hoe bruiner die vleis, hoe bruiner is die kool.
(6 – 8 porsies – sowat 3 uur)
BESTANDDELE
• 2 middelslag-kopkole
• 30 ml olyfolie
• 1,5 kg lam-stowevleis (stewing lamb)
• sowat 500 ml warm water
• 1 groot ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 4 aartappels, geskil en gehalveer

METODE
Kerf die kool fyn. Plaas in ‘n groot bak en gooi kookwater oor tot dit bedek is.
Laat staan terwyl jy die vleis braai.
Verhit olie in ‘n groot kastrol.
Voeg die vleis by en braai oor hoë hitte. Hou aan met roer. Die vleis moet lekker bruin braai. Jy sal sien dat daar donker dele onder in jou kastrol vorm.
Gooi ‘n baie klein bietjie van die water in die kastrol en roer die donker stukkies los. (Die vleis vorm iets wat soos Marmite lyk en ruik – dis die sous wat die bredie mooi bruin maak.) Hou so aan tot die vleis baie bruin is.
Voeg die ui en knoffel by. Braai verder vir sowat 10 minute.
Geur met sout en peper.
Verlaag die hitte en sit die deksel op wanneer die vleis baie bruin is. Onthou, jy moet die water bietjies-bietjies byvoeg om te sorg dat die bredie nie brand nie. Die proses kan maklik 1½ uur neem.
Voeg die kool by. Dit gaan na ‘n klomp kool lyk, maar dit kook baie af.
Roer die kool deur en sit die deksel op.
Laat stowe vir sowat 30 minute voor jy die aartappels byvoeg.
Voeg die aartappels by en druk hulle onder die kool in.
Laat die bredie verder stowe vir sowat 30 – 45 minute tot die aartappels sag is.
Bron: Deur Barbara Joubert – Sarie
Foto: Adam Cloete 

No comments:

Post a Comment