Tuesday 6 June 2017

SUURLEMOEN POEDING

SUURLEMOEN POEDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2017/06/suurlemoen-poeding.html
*Helena se eie verwerking*
250 ml Botter
250 ml Suiker
4 Eiers
2 k Bruismeel
1 t Bakpoeier
knippie sout
1 k Karringmelk
Skil van 1 suurlemoen gerasper
SOUS:
1 k Water
1/4k Suurlemoensap [kwart]
1 k Suiker
2 t Gerasperde Suurlemoenskil
1 e Botter
Gooi alles in n kastrolletjie en kook jou sousie vir so 5min..hou warm
METODE:
Klits botter en suiker goed saam
Klits eiers en voeg by
Meng goed.
Sif meel, sout en bakpoeier saam
Meng om die beurt die meelmengsel en karringmelk by tot n slap deegie
Skep in gespuite muffin-pannetjies
Bak vir 15-20min by 170*C tot gaar
Skep die porsies uit in n bakskottel en gooi dadelik**jou sousie oor..
N.S> Gooi jou sousie stadig oor sodat dit lekker kan intrek..Bedien met vla en lekker styfgeklopte room..HEERLIK....jy PROE*sommer die suurlemoen..ek het 4 in die vrieskas gepak vir later gebruik..







No comments:

Post a Comment