Friday 2 June 2017

KERRIEVIS MET N TWIST

KERRIEVIS MET N TWIST
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2017/06/kerrievis-met-n-twist.html
**Helena se eie resep*
1.5kg Stokvis [of wat jy het]
2-3 groot uie opgesny [ nie te dun nie]
Rooi Kerrie Paste*[enige soort]
SOUS
2 k Asyn
1/2 k Suiker [half]
1k Water
2 t Appelkooskonfyt
1 t Borrie
1 t Piekel Vis Speserye
1 t Sout
1/2 t Peper[half]
1t Chillies gekerf
METODE
Smeer jou visporsies met jou Kerrie Paste en laat oornag in die yskas
Kook jou sousie eenkant en gooi deur n siffie
Braai Visporsies in botter en n bietjie olie en plaas eenkant[ nie te lank nie.]
Braai jou uie in dieselfde olie[voeg by as te min is]net tot glanserig
Maak jou sous goed warm[ mic of stoof
Pak uie in jou bottels ..Dan Visporsies ...Dan n lepel of twee sous..tot bo en vul aan met sous tot vol
Sorg dat alles warm is as jy dit wil bottel vir die rak..ek het myne warm sous oorgegooi maar laat afkoel want my bottels was nie reg vir op die rak nie..en dit toe in die yskas geplaas..en vandag besluit om dit oop te maak..Heerlik verby..Laat 3-5 dae staan voor gebruik**
N>S>Sorg net vir genoeg sous tussen jou visporsies..Helena Kruger*02/06/2017 oopgemaak en ek het hulle gebottel>20/04/2017..al die pad in die yskas gestaan..




BAIE GOEIE WENKE EN GOEIE RESEP**
Mari Myburgh
My dogter kan nie my deurmekaar resepte lees nie. Op my manier tik ek maar self.
Kerrievis.: n Paar wenke.
Ek maak altyd ekstra sous in n aparte pot waarmee ek die bottels tot bo vul. Dus; Skep vis en uie in bottel en vul verder met ekstra sous.
Jou sous moet absoluut gaar wees.Proe gereeld en voeg kerrie ens. volgens smaak by.
Die vismote moet heel bly.
Ek hou die bottels vir een dag onderstebo om n perfekte seel te verseker.
Na 2 mde is die grate sag, maar na een jaar is die gereg op sy lekkerste.
Ek het die resep deur "trial and error" aangepas van n familieresep .
Omdat dit n gereg is wat jy lank wil bere, gebruik die regte bottels en die beste bestanddele wat jy kan bekostig.
Ek eet nie varswatervis nie, maar dit sal seker daarvoor ook werk.
Kerrievis.::
3 kg stokvis in groterige mote gesny om in jou Consol bottel te pas. Verwyder die rugvin en stert. Druk droog met n servet en strooi ongeveer 20 ml growwe sout oor. Ek gebruik Maldon sout.
Sny 6 groot uie in dun skyfies en roerbraai dit vinnig in n swaarboomkastrol tot deurskynend. Gebruik net die nodige olyfolie. Op die stadium kan jy n klein rissie of "sweet pepper" byvoeg. Jy kan nie n aluminium kastrol gebruik nie.
Meng die volgende in n aparte pot.
750 x3 bottels druiweasyn of wynasyn
375ml water gemeng met 150ml mielieblom ( Maziena)
300 ml suiker. ( Jy kan minder gebruik)
90 ml kerriepoeier.
45ml borrie
120 ml Appelkooskonfyt.
Koljander 45ml en fyn gemmer 45 ml.
Die volgende is opsioneel..maar baie lekker. Loerierblare , sultanas en paprika.
Voeg bg in die pot met die uie. Verhit stadig tot kookpunt en kook vir 20min..of tot gaar.Verlaag hitte tot prut.Voeg vismote versigtig by die kokende sous. Die sous moet die vis bedek. Prut vir 20min ..of tot gaar. As die mote dik is , kook dit effe langer. Verwyder van stoof en skep eers die mote en uie in warm, gesteriliseerde Consol bottels. Vul met die ekstra sous tot 1 cm van rand en verseel. Ek gebruik altyd nuwe deksels .**
Mari Myburgh**09/03/2018**B/BERE**Baie Dankie..Helena


No comments:

Post a Comment