Tuesday, 31 January 2017

HABANERO EN PYNAPPEL SOUS


HABANERO EN PYNAPPEL SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2017/01/habanero-en-pynappel-sous.html

*GEELSLANG*
Eie Resep Helena Kruger**
GROENTE
5 Geel Habaneros [met pitte in]gekerf
1 ui gekap
3 knoffelhuisies gekneus
2 k Pynappels [stukkies]
6 Wortels gerasper
1 Appel gerasper
2k water
SOUS
2 k Pynappelsap
2 t Appelkooskonfyt
1 k asyn
2 k Suiker
1t Vars gekapte gemmer
3k Water
1 t sout
2-3 t Mieleiblom[maziena]
METODE
Plaas groente in jou Voedselverwerker en kap grof fyn.
Kook vir ongeveer 15-20min met so 2 k water stadig tot goed gaar
Maak weer goed fyn in jou Liquiddizer [sous]
Voeg al die sous Bestand. by en kook vir nog 15min baie stadig [roer maar kort kort
Maak dikker met jou mielieblom en kook deur
Bottel dit warm in warm bottels *26/01/2017*Helena Kruger