Friday 25 November 2016

SPARERIB SOUS


Nouja hier is my SPARERIB SOUS**Was vir my baie lekker veral ek wat nie baie lief is vir Varkvleis nie..Helena Kruger
Gou n Sparerib Marinade Sousie aanmekaar geslaan...Proe baie lekker en dit marineer nou al vir so 2ure en nou gaan ek dit in die oond plaas en bak sal weer n foto neem saam met die resep as dit klaar is** Varktjops en Hoenderdye...Helena Kruger
SPARERIB SOUShttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/11/sparerib-sous.html

*eie resep Helena *
1/2 k Tamatiesous[halwe]
1/2 k Worsectersous [halwe]
1/4 k Bruin Suiker[kwart]
1 e Appelkooskonfyt
2 t Mosterdpoeier
2 t Aromat
2 e Blatjang
1 e Soya Sous
1/4 t Paprika[kwart]
Dahs Brandsousie[ Hot as Hel of Tabasco]
Meng baie goed en Marineer jou vleis vir so 2ure of oornag
Bak dit in die oond op fyngekerfde uie[ja jy kan aartappels ook onder jou vleisie inpak..
Bak by 200*C.tot mooi bruin en half aan die taai kant..**heerlik**Bere sous wat oorbly in die yskas.*24/11/2016*



No comments:

Post a Comment