Wednesday 24 August 2016

LEEKS PICKLED


LEEKS PICKLED MICROWAVE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/leeks-pickled.html

*eie verwerking Helena Kruger*
Leeks[Prei]  [3 groot stingels] in ringetjies gesny
N.S> Was dit net baie goed af sodat daar nie sand in is nie en maak droog

SOUS
2 k Suiker
1 ¼ k Asyn
1 ½ t Sout
½ t Borrie
1 t Geel Mosterdsaad
½ t Seldery saad

METODE
Meng sous bestd. Baie goed in n glasbak [mic]
Sny Leeks [Prei] in ringetjies
Meng alles baie goed en plaas in die Mikrogolf oond
Kook 3min op High*
Roer goed deur
Kook weer 3min
Roer weer goed deur
Kook nou 2min en roer goed en bottel dit warm in warm bottels
Laat dit staan vir ten minste 3dae voor gebruik..lekker *crispy*



 


LEEKS PICKLED

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/leeks-pickled.html


*eie resep Helena Kruger*
SOUS:
5 k Asyn
1k Water
2k Suiker
2t Sout
1 t Droe Dil
15 Peperkorrels

GROENTE:
7-8 Knoffelhuisies in repies gesny[ of minder soos jy wil]
Leeks[ Prei] in ringetjies gesny [ek het 2 groot lowwe gebruik vir die twee bottels]

BOTTELS:
1/2 t Mosterd saad [geel]
1/2 t Selderysaad
METODE:
Kook jou SOUS vir 3min
Gooi jou Mosterdsade en Selderysaad onder in jou voorbereide bottels
Vul jou bottels[warm] met die groente[Leeks ringetjies rou] en gooi jou sous bo-oor
Haal al die borreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel dit warm en styf
Laat staan vir ongeveer 2weke voor gebruik*Helena Kruger*
N.S>BERE JOU PIEKEL VLOEISTOF WAT OOR IS IN DIE YSKAS EN GEBRUIK DIT WEER VOLGENDE KEER VIR ANDER PIEKELS..DIT HOU BAIE LANK IN DIE YSKAS..

No comments:

Post a Comment