Tuesday 2 August 2016

BISCOTTI

JENNY SE BISCOTTI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/biscotti.html


125 gr Stork Bake
2 tlp vanilla ess
1 en 1/2 k suiker
5 eiers
7 k koek meel
1 en 1/2 tlp koeksoda
3 tlp bak poeier
1 k gemengde droee vrugte
1 k sultanas
1 k amandels.
+- 1/2 k Rooi en groen kersies

Room metode.
Deel op in 4 gelyke dele.
Voeg 1 k droee vrugte koek mengsel by 1 deel,
1 k sultanas by ander deel,
1 k amandels by ander deel en
rooi en groen kersies by ander deel.
Rol elke deel in n wors omtrent so dik soos n baba se gewrig.
Plaas op n gesmeerde bakplaat, kwas met melk en sprinkel met 'castor suagar'.
Bak 180 C vr 20-25 min tot gaar.
Laat heeltemaal afkoel en sny in skywe so vinger dikte.
Droog uit selfde as beskuit.
Mens kan chok chips gebruik of pekan neute ipv vrugte en of n kombinasie van wat jy het.
Dis ni so hard soos beskuit ni.
Vir tuisnywerhede het ek gekroek en bietjie egg yellow ingegooi. Dit lyk baie mooier as jy dit sny veral di amandels. #jennysebiscotti**
Jenny Schneigansz**02/08/2016
Lekker Resepte vir die Jongergeslag

1 comment:

  1. Meng mens net alles bymekaar? Waar kom die “room metode” in en wat gebeur voordat jy dit in 4 verdeel!

    Baie dankie

    ReplyDelete