Wednesday 6 April 2016

BALSAMIC ONIONS

BALSAMIC ONIONS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/04/balsamic-onions.html

**eie Verwerking Helena*
1kg uie [klein uitjies of meduim uie in vier kwarte gesny]
1/4 k sout
700ml water
SOUS
3k Balsamic Asyn
2e Suiker
1t Piekel speserye
6 Wonderpepers
METODE
Maak jou uie skoon en as jy hulle moet in kwarte sny doen dit
Plaas in n bak met die water en die sout opgelos [plaas n bord bo-op om dit onder die water te hou]
Laat 12 ure staan of oornag
Maak jou sous en laat dit goed afkoel
Spoel die uie baie goed af en maak dit droog met n skoon handoekpapier
Pak in jou bottels lekker styf en gooi jou afgekoelde sous deur n siffie bo-oor jou uie
Sorg dat al die lugblasies verwyder is en draai jou deksels styf vas
Laat dit vir 3 weke of langer staan [langer hoe lekkerder] op n donker plekkie
Dit kan tot 6-7 maande hou as dit op n koel plek gebere word.
N.S> Jy kan ook een of twee knoffelhuisies opkerf en dit saam met jou sousie kook en die knoffel in jou bottels pak ..het myne bo-op gepak en n paar peperkorrels ook bo-op ingegooi
Baie lekker..bedien dit saam met vleis[ koud of warm] en ook lekker saam met kaas en beskuitjies *Helena Kruger*06/04/2016

                  Weer bietjie BALSAMIC ONIONS* INGEMAAK**24/05/2016 *Helena Kruger





Weer n paar bottels BALSAMIC ONIONS* ingemaak vandag..11/11/2016 Helena Kruger





No comments:

Post a Comment