Friday 18 March 2016

PIEKEL WORTELS MET KNOFFEL

PIEKEL WORTELS MET KNOFFEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/03/piekel-wortels-met-knoffel.html

*eie resep Helena Kruger*
SOUS:
5 k Asyn
1k Water
2k Suiker
2t Sout
1/2 t Droe Dill
15 Peperkorrels
GROENTE:
1kg Wortels gesny soos jy dit verkies
2 uie in ringe gesny
7-8 Knoffelhuisies in repies gesny
BOTTELS:
Mosterd saad [geel]
Seldery Saad
Uie Saad [swart]
METODE:
Kook jou SOUS vir 3min
Voeg jou wortels, uie en knoffel by en kook vir 10min
Die wortels moet nog lekker hard en crispy wees
Gooi 1t elk van die saad onder in jou voorbereide bottels
Vul jou bottels[warm] met die groente en gooi jou sous bo-oor
Haal al die borreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel dit warm en styf
Laat staan vir ongeveer 2weke voor gebruik*17/03/2016 Helena Kruger



No comments:

Post a Comment