Tuesday 23 February 2016

PANTOFFELBROOD / CIABATTA

Hier het ons CIABATTA gebak vir die eerste maal..Baie mooi gerys en ook genoeg gaatjies in die brood..Volgende keer maak ek 3 broodjies uit die deeg en sal ook minder meel bo-oor strooi[dink ek het te veel oor gegooi] Helena Kruger*22/02/2016

HERMAN LESING SE PANTOFFELBROOD[CIABATTA]

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/02/pantoffelbrood-ciabatta.html

Bestanddele

1kg koekmeel
10g kitsgis
1 liter lou water [gooi net 900ml in en later die ander 100ml soos jy knie]
10g sout
Metode
Voeg al die bestanddele in 'n menger en meng teen 'n stadige spoed.
Stel die menger na drie minute vinniger. Die deeg moet altesaam 8-10 minute geknie word.
*Moenie die menger alleen laat nie]
Sit die menger af en gooi 'n doek oor.[hier het ek stukkie plastiek gespuit met Spray en Cook en oorgetrek en dan my doek oorgegooi]
Laat staan vir 45 minute.
Stel die oond op 220*C
Die deeg sal tot twee keer sy grootte rys.
Smeer 'n bakplaat met bietjie botter of olie.[of spuit hom]
Strooi n lekker lagie meelblom op jou bakplaat
Dop stadig jou deeg op jou bakplaat en sny hom in twee met n skerp mes
Hanteer die deeg versigtig.en vorm dit na jou smaak
Plaas dit in twee langwerpige vorms op die bakplaat.[of een een op 2 bakplate]
Sif bietjie meel oor jou rolle en maak een of twee insnydings met jou mes [ nie te diep nie]
Plaas ses ysblokkies in 'n bak in die oond om stoom te maak. Dit maak dat die ciabatta 'n bruin bros kors kry.[wat ek skoon vergeet het]
Bak vir 30 minute.
As jy wil weet of die brood gaar is, klop aan die kors en as dit hol klink, is dit gaar.

 






No comments:

Post a Comment