Friday 15 January 2016

BRUISMEEL ROOSTERKOEK


MAKLIKE BRUISMEEL-ROOSTERKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/01/bruismeel-roosterkoek.html

500 ml (2 k) bruismeel
3 ml (ruim ½ t) sout
30 ml (2 e) suiker
30 ml (2 e) margarien, gesmelt, of olie
200 ml louwarm water
ekstra meel

Sif die droë bestanddele bymekaar in ’n groot mengbak.
Roer die margarien of olie by die meelmengsel in.
Giet die louwarm water by en meng tot ’n stywe deeg vorm.
Knie die deeg sowat 5 minute.
Strooi meel op ’n skoon werkoppervlak en druk die deeg effens plat.
Sny blokke en besprinkel met ’n bietjie meel.
Braai die roosterkoeke op matige kole tot gaar.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 10-20 minute
Bron.Huisgenoot


No comments:

Post a Comment