Wednesday 2 December 2015

SJAMPANJE VISBREDIE





SJAMPANJE VISBREDIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/sjampanje-visbredie.html

1 geelwortel, fyngesny
½ prei, fyngesny
1 vingerskorsie, fyngesny
25 ml witwyn
200 ml vars room
12 steurgarnale
100 g klipvis of kabeljou, in stukke gesny
100 g stokvis, in stukke gesny
100 g salm, in stukke gesny
10 g botter
1 e pietersielie, fyngekap
1 e dille
200 ml sjampanje
1 t viseiers vir versiering
Metode:
Verhit ’n pan en voeg 2 eetlepels olyfolie by.
Voeg die wortel en prei by en laat prut vir 2 minute.
Voeg vingerskorsie by en laat prut vir ’n verdere 3 minute.
Voeg witwyn by, laat verminder, voeg room by en bring tot kookpunt.
Voeg steurgarnale by en posjeer vir ’n minuut.
Voeg die salm by en, na ’n minuut of twee, die ander vis.
Posjeer tot gaar.
Voeg botter by.
Net voor bediening, voeg sjampanje, pietersielie en dille by.
Garneer met viseiers.
* Nataniël se visbredie, met onder meer steurgarnale, salm en sjampanje, is tydens ’n episode van Edik van Nantes voorberei.* 02/12/2015*Helena

No comments:

Post a Comment