Wednesday 11 November 2015

SPINASIE GEVRIES


SPINASIE VIR DIE VRIESKAS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/spinasie-gevries.html

1. Spoel Spinasie goed af en plaas op n rakkie of skinbord om dit bietjie droog te maak of onder n waaier hulle moet nie nat wees nie]
2. Plaas net so oop in jou vrieskas tot lekker hard en styf
3. Bere in sakkies in jou vrieskas tot gebruik..
Helena Kruger
**
Hierdie SPINASIE het ek volgens Dalene Brits se Metode gemaak net myne gekerf..en dit vanoggend in sakkies geplaas in die Vrieskas..Pragtig groen.





WENKE**
Wilma Deyzel Ek vries ook my spinasie. Maar ek was net die vars blare skoon, sit dit in plastieksakke, vries dit en wanneer ek die gevriesde uithaal om te kook, kap ek net die gevriesdeblare en dan breek dit soos wat jy dit sou vars op gekap het. Kan tot dan die stronke beter verwyder van die blare.




Heerlike SPINASIE vir die Vrieskas
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/spinasie-gevries.html

1. Spoel baie goed jou Spinasie af en kerf dit soos jy wil
2. Kook so half koppie water in n groot kastrol
3. Gooi gekerfde spinasie in en plaas deksel op vir net so 2 min.
4. Roer deur en skep dadelik uit in n bak met yswater
5. Dreineer en plaas in skinbord [waar n luggie trek of onder die waaier]
6. Maak droog en plaas in plastiek sakkies vir jou vrieskas.*Helena Kruger


 


No comments:

Post a Comment