Sunday 25 October 2015

7 MINUTE POTPOEDING

Sewe Minute Potpoeding

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/10/7-minute-potpoeding.html
In 'n pot bo op die stoof.
Vinnig maklik en heerlik.

Beslag:

1/2 koppie botter
1 eier geklits
1/2 koppie gouestroop of appelkooskonfyt
1 koppie koekmeel
3/4 teelepel koeksoda


Stroop:
3 koppies water
1 teelepel gemmer
3/4 koppie suiker
Kook saam tot suiker gesmelt is. Hou eenkant
Smelt die botter, stroop/konfyt en koeksoda saam **
Roer eier by
Gooi die meel by
Skep eetlepels vol in die stroop. Sit delsel op en kook vir 7 min. Moet nie die deksel oplig nie.

Bron: Petro Lamprecht

ja ek moes dit ook maak baie lekker en vinnig**Helena Kruger*26/10/2015
Ek het n Brandewyn sousie met vye konfyt gemaak en dit was baie lekker Julle kan ook lekker vla saam met dit bedien of n skeppie roomys

**  Laat die botter en stroop en koeksoda net smelt nie kook nie*********




 



 

No comments:

Post a Comment