Saturday 26 September 2015

WILDSVLEIS IN MUSKADEL




WILDSVLEIS IN MUSKADEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/wildsvleis-in-muskadel.html

2 kg wildsvleis
olie
3 uie, gekap
2 huisies knoffel, gekap
1 koppie kookwater
1 klein blikkie tamatiepasta
6 aartappels, geskil en gekap
½ koppie sultanas
1 koppie muskadel, sjerrie of hanepoot
olywe, ontpit
sout en peper


METODE
Braai die stukke vleis saam met die uie en knoffel tot bruin.
Haal uit pot.
Sit die aartappels onderin.
Plaas vleis bo-op.
Meng die kookwater met die tamatiepasta, sultanas en muskadel.
Voeg oor vleis.
Voeg olywe by, asook sout en peper.
Laat dit vir 2 tot 3 uur prut tot vleis sag is.
Bedien op rys met 'n tamatiesalsa.
**Lekker-Resepte-Vir-Jagters-en-Boere*

No comments:

Post a Comment