Tuesday 29 September 2015

RYSSLAAI




RYSSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/rysslaai.html

3 koppies gaar rys
250 ml blatjang
250 ml rosyntjies
250 ml koppie mayonnaise
5 ml kerriepoeier
25 ml fyn gekapte uie
handvol amandels
sout
Maak seker dat die rys los is en nie klonte maak nie
Voeg die rosyntjies, amandels, blatjang, mayonnasie, uie en kerriepoeier asook 'n knippie sout na smaak by die rys en meng goed saam
Skep in 'n mooi slaaibak en geniet!
.**Kos is oppie Tafel TV program**


 



RYSSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/rysslaai.html
Oorskiet rys
Halwe blik Pit mielies
Cheddar kaas blokkies
Groen, Rooi, Geel Peppers opgekap
1 Piekel ui opgekap
Meng met bietjie mayonaise.
Sal later vanmiddag bietjie Bacon Bits gaarmaak en deur roer.**
Jenny Schneigansz * 14/10/2015

RYSSLAAI MET MANGO

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/rysslaai.html
Petra Nel
Maureen se heerlike Hoender-Rysslaai

Bestanddele

2 koppies rou rys, kook tot gaar en laat afkoel

4 gaar honderfilette, in blokkies gesny 1 groot ui, fyngekap
1 soetrissie, in blokkies gesny (Dit lyk mooi as jy verskillende kleure gebruik, soos groen, geel en rooi)
*1 koppie mayonnaise
*¼ koppie blatjang
*1 eetlepel kerriepoeier (gebruik die soort en sterkte wat jy verkies)

Metode
Meng alles saam so 30 minute voor opdiening.
Sit voor saam met vars broodrolletjies.
N.S>Vervang die
*1 koppie mayonnaise
*¼ koppie blatjang
*1 eetlepel
net met Jimmy-sous en voeg mango by die resep.
-RSG-*28/11/2017*

No comments:

Post a Comment