Wednesday 23 September 2015

GEBRAAIDE HEUNINGBORSIES


GEBRAAIDE HEUNINGBORSIES:

Bestanddele:

6 Hoenderborsies, ontvel en ontbeen
50g Botter/ Margarien, kamertemperatuur
¼ k Heuning
¼ k Steers Spare Rib Sous of enige BBQ sous
2 t Heelkorrel Mosterd

Metode:

Maak 3 of 4 oppervlakkige snitte aan een kant van elke hoenderborsie. Meng botter, heuning, BBQ sous en mosterd goed in ‘n bakkie. Smeer die helfte van die druipsous dik oor die gesnyde kant van die borsies. Hou oorblywende druipsous eenkant. Laat die hoender vir 20 minute teen kamertemperatuur staan. Smeer ‘n bietjie olie op die braairooster en plaas die borsies, gesnyde kant na bo oor die warm kole. Braai vir 2-3 minute aan elke kant tot dit sappig en gaar is. Hou aan omdraai en verf met die oorblywende druipsous terwyl dit gebraai word. Dit kan saam met enige bykos ge-eet word, maar is veral lekker saam met linguini pasta waarin ‘n klontjie kruie-botter ingeroer is. Ek reken die botter kan met Canola Olie vervang word om net ‘n bietjie sagter te wees op die hart en cholesterol. Die linguini kan da nook so teelepel olyfolie inkry in plaas van botter.

Bron: Sensational Barbeques – Woolworths
Lekker Resepte vir die Jonger Geslag

No comments:

Post a Comment