Thursday 19 February 2015

GEBOTTELDE BONE SLAAI


 




Het gou bietjie rakke skoongemaak en kry toe 5 alleen blikkies boontjies en besluit sal maar gou ietsie inmaak met dit.



1 x Baked Beans[Sy sousie het ek by my sous mengsel gevoeg]
1 x Butter Beans
1 x Red Beans
2 x Four Bean Mix
1 Groot uie baie fyn gekap
3 Groen Soetrissies baie fyn gekap
Braai solank die uie en rissies in bietjie olie tot gaar
Meng nou jou soorte Bone en plaas dit in n sif om van die sous ontslae te raak....ek spoel dan al my boone af onder die koue kraan en laat dreineer
Kook jou Sous
3k Asyn
3k Suiker
1k water
1k Sweet Chillie sous
2t Heelkorrel mosterd
1/2 t Soet Basil
sout en peper
4-5 t Mielieblom[aangemaak met bietjie water en ingeroer as die sous kook
Nou voeg jy jou uie mengsel by die bone mengsel en meng en voeg dit alles by jou kokende stroop en kook vir 5-8min.
Skep in jou warm bottels en verseel.Helena Kruger 19/02/2015

  

SOUSBOONTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/gebottelde-bone-slaai.html
1 pk suikerboontjies – oornag geweek in water
2 kp suiker
¾ kp Bruinasyn
6 kp water
Kook bone in die drukpot vir ongeveer 50 min. tot sag. Geur na smaak
Voeg res van bestandele by, Laat deurkook. Bottel warm 

KERRIE SOUSBOONTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/02/gebottelde-bone-slaai.html
*Louise Groenewald se eie resep*
1 Pakkie (500g) Suikerboontjies (skoongemaak en oornag geweek)
1 eetlepel olie
3 Uie, gekap
1 teelepel knoffel, fyn gekap
1 eetlepel Borrie
3 teelepels Anima’s kerriepasta OF 15 – 20ml matige kerriepoeier
1¼ koppies wit asyn
1¼ koppies wit of ligbruin suiker
5ml Ina Paarman geurselsout
3ml gewone sout
± 2 eetlepels Maizena om mee te verdik
Metode:
Kook die boontjies tot sag in skoon water (sonder sout).
Gooi van die water af tot daar omtrent 'n koppie water oorbly as die boontjies gaar is.
Voeg die olie, knoffel, uie, borrie en kerriepasta of poeier in 'n aparte pot en braai dit baie stadig vir 5 minute.
Verwyder van die hitte.
Roer die suiker en asyn by, asook die soute.
Roer tot suiker opgelos het.
Voeg nou die kerriemengsel by die gaar boontjies en bring dit stadig tot kookpunt.
Meng die Maizena met bietjie van die sous in die pot en meng goed deur terwyl dit stadig kook en verdik. Bottel dit dadelik in warm gesteriliseerde flessies en plaas onderstebo tot afgekoel.
Jy kan vyf flessies vul.*Ingestuur deur*
Christelle Koen Kotze * 13/01/2017

No comments:

Post a Comment