Wednesday 3 December 2014

KAMPKOS



SOET – SUUR BEET


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beet-radyse-peperwortel.html
6 Koppies gaar beet gerasper of blokkies

2 Koppies Asyn
3 Koppies Suiker[of net 2k]
1 Teelepel sout
3 Eetlepels Maizena
 
METODE:
Meng alle bestandele in aparte houer.
Meng met beet
Bring tot kook
Bottel
Helena Kruger!!
Dit is n baie lekker resep!!!Ek hou van hom hy het nie uie in nie so as jy dit bedien is n paar lekker vars uie skywe heerlik saam met dit..Dankie Anton Andreas Cilliers"!!!!!Treffer! 
N.S ek het so 1kg klein heel uitjies klaar sag gekook en bygegooi>>16/3/12
— at Die Grasdak Bultfontein
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


  


Ingelegde Uie en Komkommers
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/komkommer-en-uie-ingemaak.html

"Lizelle Lehman De Jager!!

4 groot uie in ringe gesny
1 groot engelse komkommer [in fyn skyfies gesny]
kook 1 kop water, gooi uie en komkommer in en kook tot droog
voeg by:

1 kop asyn
1 kop suiker
2 eetl kerrie
2 tl mosterdpoeier
1 tl pietrsielie en tiemie (opsioneel)
Kook tot suiker opgelos,moenie droogkook nie, Meng 2 eetl mielieblom met 1 kop asyn en gooi by, kook tot verdik, bottel dadelik warm " Lekker Resepte vir die Jongergeslag!!!!!!!




Aartappelslaai
INGELEGDE AARTAPPELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappelslaai-gebottel.html
Juanita Van Pletzen
4 kg Aartappels,
2 Potte Mayonaise,
1 Blik Kondensmelk,
3 Groot uie gekap.
Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout in.
Belangrik-moenie aart te sag kook nie,maar NET gaar.Staan maar die rukkie en toets jou aart.blokkies.Gooi water af.
Gooi mayonaise,kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit,moenie kook.Gooi aartappels by die warm Mayo mengsel,roewr deur en bottel warm.Die bottels kan tot 2 maande op 'n koel plek gehou word...13/4/13 






Koperpennieslaai
KOPERPENNIE WORTEL SLAAI  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html
1kg wortels gesny
2 uie in ringe gesyn
2 soetrissies ontpit en in repe gesny
1 pakkie tamatiesoppoeier
250ml water
200ml wit asyn
125ml kookolie
250ml suiker
10ml Worcestersous
7ml aangemaakte mostert
Sou en peper na smaak
 

METODE:
Kook die wortels tot half gaar, sag maar nie pap nie. Gooi in vergiettes en spoel af met koue water en dreineer. Rangskik wortels, soetrissies en uie in lae in ‘n groot bak met ‘n deksel en eindig met wortels. Meng res van die bestandele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 min. Gooi warm oor slaai en laat met behulp van ‘n mes in die middel en teen die kante inloop. Laat afkoel. Sit deksel op en marineer vir 2 dae in die koelkas voor gebruik.
 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




NOEDEL SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/ingelegde-noedelslaai.html
Hier is vir julle nog 'n lekker bottel en bere slaai
500g skulp noedels
375ml kookolie
250ml wit asyn
lkg ryp tamaties gekap
½ kg uie grof gekap
500ml suiker
20ml sout
100ml mayonnaise
grof gemaalde swart peper

METODE:
Kook uie, tamaties, asyn suiker en 325ml kookolie saam vir 20 min of tot sag in 'n groterige kastrol.
Kook noeldels tot net net sag met net genoeg water om dit te bedek met 20ml sout en res van kookolie.
Dreineer noedels goed gooi terug in groot kastrol. Voeg tamatie en uie mengsel en mayonnaise en swart peper by en roer deur. Kook goed deur en le in terwyl dit nog warm is.
Die slaai het 'n baie lang raklewe.
Heerlik saam met braaivleis of gebuik soos 'n slaai wanneer nodig.
Christine Willie Mostert*



Avo’s

INGELEGDE AVO'S
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/advokadopere-ingele.html
Sousie:
175ml Olyfolie
18 Teelepels Suurlemoensap
175ml Appelasyn of witasyn
30ml Country garlic en herb (Robertsons)
Gemaalde swartpeper

Skud bogenoemde goed saam.
Berei avo's voor en sny in kwarte of in blokkies soos verkies. Bedruip liggies met suurlemoensap om te verhoed dat dit verbruin. Mikrogolf op hoof vir 1 minuut. Laat effens afkoel en gooi in bottel met sousie. Kan tot 2 maande bere...*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




ROOI SLAPHAKSKEENTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/rooi-slaphakskeentjies.html
Wenk
:Jy kan ook jou uitjies vooraf kook in water tot amper sag dit dreineer en eenkant jou sous maak en dan net so 20min in die sous kook en dan bottel

1,5 kg uitjies (laat geskilde uitjies vir 1 uur in 1e sout water le] gooi af
150 g sultanas[pitlose klein rosyntjies]
2 k suiker
1+1/2 k wit asyn
2 k water
1 blikkie tamatiepasta[of pakkie]
80ml ml kookolie
5 ml sout
'n knypie rooipeper
 

METODE:
Kook alles saam oor lae hitte vir +/- 1h. Bottel en verseel. Helena Kruger.

N.S>As jou sousie vir jou dun lyk meng so 2t Maziena en roer dit by..ek het nie**
              



   






 





KERRIEBOONTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kampkos.html
2 kg gesnipperde groen boontjies
1 kg uie - gekap
1,25 liter asyn
10 ml borrie
15 ml sout
500 ml suiker
45 ml kerriepoeier
15-20 ml mielieblom
Opsioneel, ek gooi altyd ‘n groot blik perskes wat gesnipper is by en ‘n handvol rosyne –

Die rosyne kook ek saam met die uie en groen bone en die perskes gooi en by as ek alles bymekaar gooi en deurkook. Dit gee mooi kleur aan die boontjies.
Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die
asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in 'n groot kastrol
en bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur.
Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik.
Skep in warm, gesteriliseerde flesse.

Helena Kruger
En ja Ek het ook lekker KERRIE-BONE GEMAAK...
2 kg Gekerfde Groenboontjie
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
2 e Mielieblom [Maziena]

Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm 12/6/12*Helena Chilli Kruger*
— at Die Gasdak Bultfontein
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 


Helena Kruger

KERRIE-BONE EN PERSKE-STUKKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
Eie verwerking Helena*

1Blikkie Perskesnippers[410g]kerf hulle in stukkies
2 kg Gekerfde Groenboontjies
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie

2 e Mielieblom [Maziena]
Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer inKook 5min tot mooi blink en bottle warm 10/5/12*Helena Chilli Kruger*baie lekker>>

 


Hier het ek my KERRIEBONE so bietjie verander..en ja dit is baie baie lekker Helena Kruger​
HAWAINSE KERRIEBOOONTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
*Eie verwerking Helena*
1Groot Blik Perskesnippers [kerf hulle in stukkies
2 Pakke Hawain Stirfry
2 kg Gekerfde Groenboontjies
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
2 e Mielieblom [Maziena]
 

Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Voeg jou Perskesnipper en jou Stirfry by en kook vir 8min
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm 02/03/2015*Helena Kruger *baie lekker>>*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 

Hier het ek weer my KERRIEBOONTJIES bietjie verander en dit is baie baie lekker>Helena Kruger >31/03/2015 

KERRIEBOONTJIES MET KOMKOMMER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
**Eie verwerking*
2 Komkommers in kwarte gesny en mooi dun skyfies gesny
1 Pak Hawain Stirfry[500g]
2 kg Gekerfde Groenboontjies
1 kg Gekerfde Uie
2 Bossies Spinasie fyn gekerf
2 t sout
2k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
1 e Heelkorrelmosterd
2 e Mielieblom [Maziena]
1 k Asyn
 

Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Voeg jou komkommers, Spinasie by en kook tot komkommers gaar is
Nou:
Water jou hele mengsel heeltemal af in n vergiettes
Voeg 1k warm water by..miskien bietjie meer**
Voeg jou Stirfry by en kook vir 8min
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min tot alles lekker deurgekook is
Maak mielieblom aan met die 1k asyn en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm 31/03/2015*Helena Kruger *baie lekker>>*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
 

SAMPIOEN EN TAMATIE SMOOR
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/sampioen-en-tamatie-smoor.html

*Helena se eie resep*
4 k Gekapte Sampioene
15 Tamaties opgekap
4 uie gekerf
2 Seldery stingels fyngekerf
1 Groen Soetrissie fyngekerf
SOUS
1+ 1/2k Asyn
2 k Suiker
2t Mosterdpoeier
1t Med Kerrie
1k Tamatiesous
1t Sout
1/2t fyn wit Peper
2t Knoffelpoeier
2-3k water
4t Mielieblom gemeng met so n bietjie water om dit later dikker te maak..eers as alles gaar is
 

METODE
Kook gekapte tamaties tot sag en gaar
Braai  uie, seldery,en soetrissies tot sag in n bietjie olie
Voeg jou sampioene by en braai nog 5min
Voeg nou jou sampioenmengsel by jou tamaties en kook alles tot lekker sag en gaar so 10min.
Voeg jou Sous bestandelle by en kook deur vir 20min
Maak jou Smoor dikker met jou Mielieblom en laat goed blink deurkook
Bottel warm in warm bottels wat dig seel..Erg lekker by jou Braai as n sous vir Pap of as n sous vir Hamburger en net so lekker oor n bord Crispy Slap Tjips*Helena Kruger*27/05/2015


KERRIEKOOL MET WORTELS EN SPINASIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/kerrie-kool-met-wortels-en-spinasie.html

*eie verwerking Helena*
12 k kool fyngesny
4 groot uie fyngekerf
6k fyngekapte wortels
4k fyngekapte spinasie
1 eetl sout[hoogvol]
METODE:
Kook vir 30min in genoeg water om kool toe te maak.
Dreineer kool deur ‘n sif en voeg by die vogende by
STROOP
3kp Asyn
3kp Suiker
2 e Kerrie
2 t Borrie
1 t Mostertpoeier
1/4 t Tiemie
2k kookwater
METODE:
Kook kool en stroop vir 10min saam.
Maak 2 e Mielieblom aan met 1k asyn en roer by
Kook tot gaar en deurskynend [so 5min]
Bottel warm in warm bottels
N.S> Regtig baie lekker**Helena Kruger*2/11/2014


RATATOUILLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/ratatouille.html

*ingele*
*Eie Resep Helena*
2 groot eiervrug in blokkies gesny[ sout oorgegooi vir 10min. dreineer en goed afgespoel
6 Tamaties blokkies gesny
2 groen brand chillies fyngerf
2 Uie blokkies gesny
1 knoffelhuisie gekeus en gekerf
1 Groot groen Soetrissie blokkies gesny
1k Sampioene gekerf
Braai uie en soetrissie vir so 3min in 1t olyfolie
Voeg jou Tamaties by en kook vir 5min.
Voeg jou afgespoelde Eiervrug blokkies by en sampioene en kook 10min.
Maak n Sous van:
2k suiker
2k asyn
50g Tamatiepaste
20 ml Worcestersou
10ml Heelkorrel-mosterd
sout en peper
2t Mielieblom
 

Meng goed en voeg dit by die gekookte groente en kook vir 10min.
Bottel warm en verseel goed..
N.S> ek dink as dit koud is gaan dit Heerlik smaak***Helena Chilli Kruger *5/02/13***En dit is vreeslik lekker julle kan maar maak**
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
 



TAMATIE EN SPAGHETTI  INGEMAAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/tamatie-en-spaghetti-ingemaak.html
*My eie Verwerking*Helena
25 groot Tamaties[ kap maar lekker fyn]
5 groot Uie ringe gesny[ ek kap myne baie goed fyn]
½ t All Spice
1 k Appelkooskonfyt
½ t fyn Naeltjies
1 t Neut
2 e Sout
1/2 t wit peper
1 k Suiker[ek voeg nog n half koppie suiker by]
2e botter
200 ml Asyn
1 Pak Spaghetti [julle kan ook Macaroni gebruik]


METODE:
Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner
Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti.
Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm!!
10/11/2014




Het gou bietjie rakke skoongemaak en kry toe 5 alleen blikkies boontjies en besluit sal maar gou ietsie inmaak met dit.


1 x Baked Beans[Sy sousie het ek by my sous mengsel gevoeg]
1 x Butter Beans
1 x Red Beans
2 x Four Bean Mix
1 Groot uie baie fyn gekap
3 Groen Soetrissies baie fyn gekap
Braai solank die uie en rissies in bietjie olie tot gaar
Meng nou jou soorte Bone en plaas dit in n sif om van die sous ontslae te raak....ek spoel dan al my boone af onder die koue kraan en laat dreineer
Kook jou Sous
3k Asyn
3k Suiker
1k water
1k Sweet Chillie sous
2t Heelkorrel mosterd
1/2 t Soet Basil
sout en peper
4-5 t Mielieblom[aangemaak met bietjie water en ingeroer as die sous kook
 

Nou voeg jy jou uie mengsel by die bone mengsel en meng en voeg dit alles by jou kokende stroop en kook vir 5-8min.
Skep in jou warm bottels en verseel.Helena Kruger 19/02/2015

3 BONESLAAI
1 blik Botterbone
1 blik Groenbone
1 Soetrissie, gekap
1 groot Ui, gekap
Handvol gebleikte sultanas

Marinade:
125 ml Appelasyn
125 ml Sonneblomolie
125 ml Sagte bruinsuiker (100 g)

Kook marinade en gooi oor slaai, bewaar in yskas.
Kan ook gebottel word. Blansjeer eers die uie en terwyl die sous warm is gooi die bone by.
Bottel warm
Geplaas deur: Dalene Brits
Lekker resepte vir die jongergeslag


Helena Kruger hier is hy>en myne staan al seker 5md.
Tharina Oosthuizen 'n Paar ingelegde idees vir julle vir die vakansie. Dit maak die lewe vir mens net soveeel makliker !!!
INGELEGDE AARTAPPELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kampkos.html
4 kg Aartappels,

2 (750ml) Mayonaise,
1 Blik Kondensmelk,
3 Groot uie gekap.
Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout in.Belangrik-moenie aart te sag kook nie,maar NET gaar.Staan maar die rukkie en toets jou aart.blokkies.Gooi water af.
Gooi mayonaise,kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit,moenie kook.Gooi aartappels by die warm Mayo mengsel,roewr deur en bottel warm.Die bottels kan tot 2 maande op 'n koel plek gehou word.  

KERRIEBOONTJIES

1 kg uie - gekap
1,25 liter asyn
10 ml borrie
15 ml sout
500 ml suiker
45 ml kerriepoeier
15-20 ml mielieblom
Opsioneel, ek gooi altyd ‘n groot blik perskes wat gesnipper is by en ‘n handvol rosyne –

Die rosyne kook ek saam met die uie en groen bone en die perskes gooi en by as ek alles bymekaar gooi en deurkook. Dit gee mooi kleur aan die boontjies.
Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die
asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in 'n groot kastrol
en bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur.
Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik.
Skep in warm, gesteriliseerde flesse.



 


KOPER PENNIE WORTELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kampkos.html
1 kg Wortels

3 Uie
3 Groen Rissies[Green Peppers]
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcester Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe - kook tot sag maar nie pap nie
Sny uie in ringe en kook tot sag maar weereens nie tot pap.
Sny groen rissies in blokkies.[voeg ook by die uie en kook.]
Hou die wortels, uie en rissies eenkant in n bak
Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Bring tot kookpunt en kook 3 minute
Gooi wortels, uie en rissies by die sous en kook net vinnig deur
Bottel warm.N.S> Alle groentes wat ingemaak word moet  gekook wees voor dit in die sousie gaan vir opwarm en dan Bottel warm in warm bottels>Helena Kruger


OUMA HESTER SE BEETSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kampkos.html
Rencia Odendaal Pretorius

1.5 kg gerasperde beet (gaar – gerasper of blokkies of ringe)
2 eetl maizina
500ml asyn
2 kop water
1 ½ kop suiker
Sout en peper
Meng alles en bring tot kookpunt – bottel warm.
As opgedien word, sny uie oor en frimmel feta kaas bo-oor


MOSTERD UIE
(my gunsteling)

3 kg piekeluie (ek gebruik sommer gewone uie en sny dit in kwarte)
Skil die uitjies en kook dit vir 5 minute en dreineer.
SOUS:
8 eiers geklits met elektriese klitser.
5 kop suiker, bietjies-bietjies by gesit en klits goed.
Voeg by: 500 ml wit Safari spirits asyn. Klits baie goed tot suiker
opgelos is.(hierdie is so 'n hele bol skuimerige mengsel)
Meng die volgende
7 ml sout
30 ml mosterd
45 ml Maizena
250 ml Safari spirits asyn
Sit die uie terug in jou pot en giet die eiermengsel en sousmengsel oor die uie.
Kook gaar en dik oor matige hitte… roer af en toe. Bottel warm en
verseël dadelik.


TAMATIE LEKKERTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kampkos.html
Tamatiemengsel

4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte "greenpeppers"
Kook saam ± 1uur


Meng en voeg by:

2eetl mosterdpoeier

2eetl Kerrie

2eetl sout

2eetl maizena(hoogvol)

2eetl koekmeel (hoogvol)

1kop asyn

Kook goed deur. Skep in bottels.

Baie lekker by braaivleis, hamburgers, hotdogs ens.


 

                                                  foto>Kreatiewe Kos Idees
Johanna Crouse

HAWAINSE ROERBRAAI SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kampkos.html
250ml suiker
250ml asyn
5ml sout
5ml borrie
5ml kerriepoeier
30ml appelkoos konfyt
1kg Hawaise roerbraai groente
25ml mielieblom
Kook suiker, asyn, sout, borrie, kerrie en konfyt vir 2 minute saam. Voeg groente by en kook 15 minute. Meng mielieblom met bietjie water en voeg by. Kook tot dik. Bottel warm.

N.S>>>
Helena Kruger
Hier het ek Beulagh se resep gebruik en dit so n bietjie verander net met die byvoeging van MANGO EN PYNAPPELSTUKKIES EN VARS GEMMER..Dankie Beulagh dit is vreeslik baie lekker
700g Mango blokkies
500g Pynappel stukkies gekerf
2t Vars Gemmer.....




3 kg Butternut blokkies effens gekook NIE pap nie.[hou eenkant]

4 Groot uie gekerf kook tot sag in bietjie water.

voeg by:
4koppies suiker 
3koppies witasyn
3t/l sout 
3t/l borrie
1t/l Kerrie
Halwe koppie fyn appelkoos jam
3t/l fyn gemmer

Metode
Kook die uie mengsel tot all die bestandele opgelos is
Voeg 1 klein blikkie perske wat fyngesny is by
gebruik die sous om 20ml maizena aan te maak gooi by en kook goed
Voeg n 750ml Kerrie pynappel by*
Skep butternut geleidelik by kook goed deur bottel baie warm.
*Let wel jy kan vars pynappel asook perske byvoeg
Kook dit saam met die uie voeg dan die res van bestanddele by en
natuurlik suiker na smaak. Bottel warm.
*Bottel en Bere Resepte *19/03/2015

 KAMPKOS EENSKOTTEL GEREGTE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2014/12/kampkos.html

Elza Jamneck Ek het net die resep vir jou, altyd 'n wenner en mens kan dit vir baie mense maak. Kook 1 eier per persoon. Dop af sny in helftes en pak onder in oondbak. Braai nou spek, uie, sampioene saam en goor in een laag bo-oor eiers. Maak 'n lekker kaassous en gooi oor. laastens gooi bietjie gerasperde kaas en paprika oor. Laat lekker deurwarm word in oond, tot kas gesmelt is. Ek het dit al vir tot 100 mense gemaak vir ontbyt. Sommer al die vorige aand als gedoen en net die volgende oggend die gerasperde kaas en paprika oorgesit en in die oond gesit.


 
HANNAH BROODJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2014/12/kampkos.html6 sny brood gerooster
6 roer eiers
1/2 pakkie spek gekap
1 kop gerasperde kaas

Kerrie witsous
3 eet koekmeel
2 eet margarien
1 tee Kerrie poeier
Genoeg melk om dun witsous te maak

Metode:
Braai spek tot bros en bruin. Maak roereiers van 6 eiers gemeng met bietjie melk
Plaas brood in gesmeerde oondpan
Versprei gekapte spek oor die brood snye asook roereiers gooi dunnerige witsous
Boor en dan gerasperde kaas en enige speserye na smaak*

VIR 6 PERSONE *Hannah Frauendorf Langenhoven
*


FRITATTA



http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2014/12/kampkos.html

As julle 'n skottelbraai saam vat kan jy 'n fritatta maak...dis 'n eier omelet. Klits die aantal eiers wat jy nodig het en maak soos vir roereier. Gooi dit in die gesmeerde skottelpan en pak jou "vulsel" van gaar spek, sampioene, worsies, slefs tamatieskyfies bo-op. Strooi 'n lekker laag gerasperde kaas oor. Maak toe met foeilie en sny die gaar eier in skywe soos vir pizza.

Bak in oond op 180C tot net begin kleur kry
Eet lekker*

Elza Jamneck

EENSKOTTEL GEREG

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2014/12/kampkos.html

Hardgekookte eiers - genoeg om die bodem van die skottel te bedek

sampioene
bacon
uie 
knoffel
tamatie
suikermielies
sout en peper
 kruie
witsous
gerasperde kaas

Gaan vinnig met jou deel wat ons sommer vir ontbyt maak op die kerk kamp, ek het dit in Desember ook gemaak toe ek "n huis vol mense gehad het, dit is regtig heerlik: Hardgekookde eiers – Genoeg om ‘n “kors” onder in jou pan te maak. Sny die eiers in die lengte in die helfde en pak onder in die pan. Braai sampioene, bacon, uie en knoffel saam. Voeg tamatie by en braai. Kan suikermielies ook byvoeg. Sout en peper na smaak, kan ook ‘n lekker kruietjie ongooi. Versprei eweredig bo –oor eiers. Maak ‘n witsous en gooi bo –oor bacon. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 30min teen 180grade. As die kaas bietjie min is strooi sommer fyn gedrukte kaas en uie skyfies saam met die kaas oor die witsous. Geniet dit, jy kan die vulsel verander soos jy wil en ek waarborg jou tot die kinders gaan lekker eet!!
#eenskottelontbyt 

Monica Beukes .
Ziplock omelette:

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2014/12/kampkos.html
Ons was eenkeer genooi om tydens ons kerk se woonwaklub saamtrek by iemand ontbyt te eet. Jy moes jou eie ziplock omelet bou en gaar maak.


Benodig:
1 middelslag ziplock sakkie (maak seker hy's mooi heel en die seel werk reg)

bietjie olie
2 eiers
bietjie melk
Al jou dinge wat jy in jou omelet wil insit.
Spices
1 groterige pot met kookwater wat bly kook.
So-maak-mens:

- Katspoegie olie in die sakkie vir smeer.

- Breek die eiers in, gooi die melk by en die spices.
- Hou die sakkie stewig vas, terwyl jy die mengsel meng.
- Gooi jou "toppings" by.
- En nou kom die "trick" ......Jy moet nou al die lug uitdruk en die sakkie geseel kry sonder om 'n gemors te maak.
- Sakkie in die kookwater vir so 10-12min (of tot dit mooi gaar is).
- Gooi dit uit die sakkie uit & en kleur spices.
- Geniet.*



Maggie De Castro
ZIPLOCK OMELETTE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2014/12/kampkos.html



Breek 2x eiers in die sakkie
Voeg van die volgend by na smaak:
bv. uie, green pepers, tamatie, sampejoene.
Skud alles goed saam
Maak seker daar is geen lug in die sakkie en seel dig.
Plaas sakkie in rollende, kookende water vir presies 13min.
6-8 sakkies kan gelyk in 1 groot pot gaan.
Maak die sakkie oop en die omelet sal uitrol.

PS. die geheim is om die hitte op med te hou en dop te hou dat die sakkies nie bars nie.
Hierdie is n super gesonde ontbyt!!!


EENSKOTTEL GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/gebottelde-butternut-slaai.html  
Brood
bacon
gerasperde kaas
eiers
melk

Neem 'n groot vierkantige pan-smeer brood aan albei kante.Pak onder in bak, pak bacon bo-op! Strooi dan gerasperde kaas op! Dan geklitse eiers wat met bietjie melk gemeng is! Bak in oond tot deurgaar! Kan al die vorige aand gemaak word en ini yskas gehou word!
Hestie Kamffer

No comments:

Post a Comment