Thursday 13 February 2014

HAKE FILLET A LA MAMA


HAKE FILLET A LA MAMA
3 Eiers, geklits
1 k Bruismeel of gewone koekmeel
½ tlp ‘crushed garlic’ (in botteltjie)
½ tlp Aromat
Visspeserye
Hake filette
(GEEN SOUT)

Meng die meel en garlic en aromat in ‘n platterige bak  soos roomys bak.
Sny die vis in porsie grootte  en strooi visspeserye oor.  Rol nou in die meel. Laat le die vis daarin totdat dit tyd is om te bak.
Maak die olie warm, doop nou die vis, wat eers in meel gerol is, in die eier en sit dadelik met die velkant na bo in die olie.
Draai om en steek met die vurk aan die dikkant van die vis. As daar nie meer vog uitkom nie is die vis gaar.
Dit vorm wel ‘n korsie om die vis maar nie ‘n dik deeg wat dikker as die vis is nie!
Bedien met skyfies of net slaai.
(Ek gebruik bruismeel) 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/hake-fillet-la-mama.html

No comments:

Post a Comment