Monday 1 April 2013

MAAK VAN WORS


MAAK VAN WORS
Frieda Greyling
Boerfontein se Boerwors.
Amper weer tyd! Die wors het ekke gemaak vir my Kudu stal by die Biltongfees! Ek maak maar deur die jaar, bere gewoonlik die blokkies vleis en maak dan soos ek nodig kry. Maak al 30 jaar (daar gee ek ouderdom weg) my eie wors, gebruik net die beste vleis, nikse senings!
BOEREWORS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html

9 kg blokkies wild of vark en wild. Of bees en wild gemeng
2,5kg vet, blokkies gesny
4 e sout
3 e peper
6 e fyn koljander
2 e tiemie
1,5 t neut
1,5 t naeltjies
Half k mielieblom
4 kop gersaperde bruin brood
2 kop asyn
2 kop water
Halwe kop Worcestersous
Meng alles goed, behalwe vloeistof. Bedek en laat oornag in yskas staan om geur te ontwikkel. Voeg dan asyn, water en worcestersous by, meng goed. Maal en stop.




BOEREWORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html
Velda Atterbury-share het nog nie self die resep probeer nie (dalk is daar iemand wat dit wil probeer)
500g Varkspek
1.5kg beesvles
1.5kg varkvleis
1E sout
1 E gemaalde swartpeper
 1/2t neutmuskaat
 1/2 t Naeltjies
2 E Koljanderkorrels geskroei en gemaal
 1/4 k asyn
+- 100g derms vir stop
Sny varkspek in 3mm blokkies en hou eenkant.
 Sny die bees en varkvleis in 50mm blokkies en strooi die sout peper neut naeltjies en koljander oor. Maal nou die vleis, sprei dit oop op n skinkbord, sprinkel die asyn oor en voeg die spek blokkies by. Meng, maar verk liggies, sodat die wors nie n stewige tekstuur kry nie. stop die vleis in die derms en hou dit n dag of twee in die yskas voor dit gebraai word*
"BOEREKOS Tradisionele Suid Afrikaanse Respte *Dine van Zyl



Karoo Boerewors.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html
500 g beesvleis
500 g varkvleis
1 kg skaapvleis – nie te maer nie
250 g varkspek [ ongerook ]
12.5 ml port
25 ml druifasyn
12.5 ml brandewyn
3 t sout
3 ml geskroeide koljander [ fyn gestamp]
3 ml witpeper
3 ml neutmuskaat – vars
1 ml fyn naeltjies
3 ml marjoram
6 salieblare fyngekap
1 e lemoenskil fyn geraper [ net die geel gedeelte ]
worsderms
sny al jou vleis in blokkies, strooi jou speserye oor , asook die sout , laat staan ‘n ruk. maal nou die vleis. sny die varkspek in baie klein blokkies en strooi oor die vleis. sprinkel die vloeistowwe oor en meng met jou vingers se punte, liggies tog deeglik. stop.
ek dink die geheim le ook in die gaarmaak. vir my moet wors net – net gaar wees, tog nie droog gebraai nie, as jy hom pan gaar maak gooi ‘n bietjie water onder in die pan en as jy hom vuurgaarmaak rol hom dig op en draai net een keer om, moet nie prik nie.**

Leon Smit **


Vrystaatse Boerewors

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html
5kg beesvleis
1kg varkvleis
1,5kg wit varkspek
60ml sout
15ml peper
45 ml fyn koljander
15ml fyn naeltjies
25 ml fyn piment
7,5ml fyn neutmuskaat
190ml asyn
worsectersous sprinkel oor.[so n halwe k]
Sny die vleis in blokkies -verwyder al die senings en meng die vleis -sny die spek in dobbelsteentjies
Sprei die vleistukke op jou tafel uit -meng die sout, peper en speserye en strooi dit oor die vleis -prinkle die asyn en worsectersous oor.
Meng baie goed.
Sit die mengsel in n vleisskottel en laat dit 15min staan -maal al die vleis en voeg die varkspekblokkies by -laat dit nog 30 min staan en stop dan met skoongemaakte worsderms
As jy nie die spekblokkies wil insit nie maal jou vark dan saam met jou vleis Gebruik dan net minder spek en meer varkvleis!!! Helena 31/7/10♥



 





KAASWORS RESEP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html

10 kg lekker vet vleis
160 gram sout
60 gram Koljander
20 gram Growwe swart peper
10 Gram fyn Naeltjies
10 gram Fyn Neut
200 ml Woestersous
1.5 kg Cheddar, of Gouda kaas

METODE:
Sny die vleis blokkies, en die kaas in blokkies, en meng die speserye en die woestersous goed deur.
Maal nou deur n 5-6 mm siffie....gooi 1 Liter Yswater by en meng deur goed deur voor die wors gestop word.
( Dit verhoed dat die vet en die kaas in die stopper aanpak, en smeer wanneer dit gestop word)
Hou die kole warm
Deon**Lekker Braai - hier praat ons net braai.


Helena Kruger
TRADISIONELE BOEREWORS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html

2kg Beesvleis
1kg Varkvleis
20g (50ml)
Koljander
2ml Fyn Naeltjies
2ml gerasperde Neutmuskaat
30g (25ml) fyn sout
5ml Varsgemaalde Swartpeper
500g Spek
100ml Asyn
sowat 90g Derms

Berei eers die koljander deur dit te skroei, te maal en te sif
Sny vleis in 50mm bloke en meng met die speserye en geurmiddels
Maal die vleis en sny spek in blokkies
Voeg spek en asyn by maalvleis en meng liggies maar deeglik
Stop derms lossies met die mengsel



Helena Kruger
Boerewors

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html
1½ kg gemaalde beesvleis
1½ kg gemaalde varkvleis
500 g. varkspek, grof gemaal of in klein blokkies gesny
50 ml. geskroei en gemaalde koljander
25 ml sout
5 ml peper
2 ml fyn naeltjies
2 ml fyn neut (nutmeg)
150 ml goeie asyn
150 ml Worsectersous
50 ml wonderpeper (allspice)
Derms.
Sny vleis en spek in blokkies, Meng vleise en spek Meng al die bestandele saam en meng goed in saam met die vleis. Laat staan vir ten minste 1 uur, Stop die wors. Sarie Marais 31/7/10



Boereworsresep 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html
kom uit n Landbouweekblad van 15 Mei 1998.
1 kg beesvleis
1 kg varkvleis
2 kg wildsvleis
2,5 ml fyn kruienaeltjies
2,5 ml koljander
5 ml swartpeper
Sout na smaak
500g spek
30 ml asyn
25 ml jeripigo
25 ml brandewyn
Worsderms
METODE:
Sny die vleis in repe en geur met die speserye en sout. ( Die wildsvleis kan deur skaapvleis vervang word). Maal en voeg die spek, wat in klein blokkies gesny is, saam met die vloeistof by en meng goed. Stop in die derms.

Maré Nieuwoudt**
Fina van der Watt
Die boerewors…
1) Koop by SA winkel klaar gemaakte boerewors (Winkels orals)
Ongeveer £9.00 per KG wors
2) Maak eie boerewors – Ek het gewoonlik batches tussen 10 – 15KG gemaak op ‘n slag (hou darem so rukkie want ons braai baie in die somer)
• Derms - Ongeveer £28.99 per 50M vark derm (maak ongeveer 30KG wors – kan gevries word, stink glad nie (maak net seker dit is gesout))
• Spices - Ongeveer £8.69 per 450G spice (maak 13KG wors) kan by SA winkels kry (freddy hirsch of ander, of self maak ook, daar is baie resepte online, makliker om net te koop)
• Vleis - Dit is die groot “variable”…. Afhangende waste vleis jy gebruik en waar jy dit kry kan dit of vrek duur wees of spot goedkoop. Hoe meer vleis jy koop, hoe beter die prys.
Ek het altyd by die wholesaler in Reading 10KG coarse minced (eenkeer deur mincer) en 3KG coarse pork shoulder gevat. Ek het nou nie presiese bedrag nie, maar dit het gewoonlik so tussen £35 en £45 uitgewerk vir die vleis… Die mince moet 85% lean wees en die vark oor die algemeen is vetterig – jy moet die persentasies reg kry sodat jy so tussen 20 – 30% vet ratio in die wors het anders is dit of te droog of te vetterig.

Die resep wat ek gebruik is…
Boerewors
10KG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html
75% Bees / 25% Vark per kilogram (afhangende van vleis vet ratio natuurlik – die vleis wat ek gebruik het was 85% lean mince en die vark skouer ook… dit gee so 70/30 ratio per kg)
7500G Bees
2500G Vark
350G Boerewors Spice
650ml Ys (water)
Ek vat die bees en vark mince, meng dit mooi saam (ratios), gooi spice in, meng baie goed saam water … maal dan een keer deur nr 12 plaaitjie om maal masjien (daai oudtydse hand ding – vat so 40 min per 10KG vleis)… laat staan in yskas oornag sodat spices lekker intrek asook sit derms in water sodat dit kan sag word en meeste sout afkom… volgende dag, sit derm op stopper (gebruik lekker baie water dan gaan hy maklik op) sit vleis in stopper en begin stop… nie te styf nie!
Mens kan die “resep/metode” aanpas vir hoeveelheid vleis jy het ens
My wors batches het gewoonlik uitgewerk op so tussen £4 - £5 per KG. Dit is baie goedkoper en lekkerder as die SA winkels se wors asook dit is groot pret om die wors te maak en sulke proe stukkies te braai saam ‘n paar biere



TAMATIE BRAAI WORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maak-van-wors.html
Dis maklik om voor te berei en dit smaak heerlik. Die resep kan as wors of as frikkadelle voorgesit word.
Bestanddele
500 g Wildsvleis
250 g Varkvleis
100 g spek
½ Tlp sout
½ Tlp fyn naeltjies
½ Tlp fyn neutmuskaat
½ Tlp gedroogde Basil
2 Knoffel huisies
1 Groot ui fyn gesny
3 Ryp ontvelde tamaties in skywe gesny
1 Eetl bruinsuiker
2 Eetl suurlemoensap.
½ Koppie koue water
½ Tlp Gemaalde swartpeper
1 Koppie droë broodkrummels
Metode
Meng bestanddele saam en maal. Meng en maal 'n tweede keer.
Stop in derms of vetderm.
Plaas in 'n broodpan en maak maalvleis brood of frikkadelle*
Maré Nieuwoudt*

No comments:

Post a Comment