Wednesday 6 March 2013

PIZZA IDEES / DEEG


PIZZA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Helena Kruger

500 ml koekmeel
5 ml sout
1 x 10g kits suurdeeg
5 ml suiker
100 ml olie
240 ml lou warm water
1. Gooi alles in die voedselverwerker en knie goed.
2. Laat rys so in die bak tot dubbeld en pulse weer goed.
3. Rol baie dun uit. Sit tamatie en uiesous op en enige vulsel.
4. Bak 20 min in warm oond.*Die Grasdak Bultfontein*               
foto Helena Kruger

TERUGVOERING OMTRENT DIE DEEG**
Molli Mardi Vd Merwe***01/10/2015 Die deeg het ek nou die dag gemaak, eerste keer in jare wat ek weer pizza self maak. Het 6 med-large (bietjie groter as dinner plate) gekry, het 4 van die 6 se base gesmeer en gaargemaak sonder toppings, afgekoel en gevries. Om te toets of dit kan werk. Werk soos n bom! Uitgehaal self laat ontdooi en my klaar gaar toppings op en sit toe net op grill vir kaas om te smelt. Volgende keer kan ek soos ek skat so 10 bases maak wat heelwat dunner is en vries! Afhangend van voorkeur natuurlik. Die base was 2cm dik toe dit gaar is maar kan baie dunner gaan met rou deeg.


PIZZA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Wanda Engelbrecht Dawson

jip die een werk so maklik en hoef nie eers te rys nie.
650g koekmeel het al broodmeel ook gebruik
15g suurdeeg
1tsout
1eetlepel suiker
400ml warmwater nie kookwater
5eetlepels olyfolie
Gooi warm water suiker en suurdeeg saam wag tot lyk of suurdeeg aktiveer gooi by meel en sout en knie en gooi dan olyf olie by en knie tot al die deeg van hande af is . druk in pan uit sit vulsel op en bak tot gaar . werk so lekker *Lekker Resepte vir die Jongergeslag 


Helena Kruger
PIZZA SOUSIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
2e olie

1med.ui fyngekap
2 knoffelhuisies gekneus en fyngekap
2 blikkies gekapte tamaties[400gelk] of jou eie tamaties fyngekook
2.5ml gemengde droe krui [of net origanum]
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai jou uitjie net sag en voeg die tamaties by en ook die knoffel
Gooi al jou speserye by en laat kook tot dik sonder jou deksel so amper 10-12min.stadig
Gooi uit en laat afkoel en plaas in yskas vir wanneer jy lekker pizza wil maak
N.S=Noudat ons baie tamaties het maak en pak dit in die vrieskas en haal uit wanneer jy dit benodig **Helena Kruger 18/3/12





<SEEKOS PIZZA>*Die Grasdak Bultfontein
https://www.facebook.com/pages/Die-Grasdak/76027615567

My eie hande werk
Helena Kruger 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
 


Katrina Hentze Sivori
PIZZA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Luzaan myne is baie dieselle.
Ek gebruik 250gr koekmeel,
1 tlp bak poeier,
halwe tlp sout,
4 Eetlepels olie
125ml melk.
Ek maak gewoonlik so 5 or 6 groot pizza's op n slag, so maak daai deeg x 4 of 5. As jy hom baie dun uitrol (pizza roller) is hy
baie lekker. Ek koop glad nie pizza's nie, want ek is mal oor die deeg/kors.
So die trick is ... jy moet hom dun uitrol. Laat staan ook die deeg so 10 minute voor jy met hom werk, dan het hy bietjie verslap, en is makliker om mee te werk.




YOGURT PIZZA CRUST / JOGURT PIZZA DEEG

             Onderstaande resep gebruik net 1/2 k yougurt en 1 kop bruismeel,



PIZZAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html Maritza Kotze
Het sopas n stunning pizza gemaak: bacon, mushrooms, biltong, feta, cheddar en mozerella kaas en bo op na dit uit oond kom, avo met swart peper op. Is verskriklik lekker gewees!!
Trudi Janse Van Vuuren
Lekker pizza, is smeer die pizza met Mrs Balls bladjang ipv tamatiesous, gooi biltong op wat redelink droog is en baie swart peper en sterk mature cheddar..... en voila, (mushrooms en caramelized uie kan ook bykom ) Dis heerlik en ons beste verkoper in ons Pizza shop!!!
Helena Kruger
Hi Trudie die Biltong Pizza bly altyd n TREFFER*Ek het ook al 16jr n Pizza Winkel en een groot treffer

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html


Foto < Helena Kruger>
*Die Grasdak Bultfontein

https://www.facebook.com/pages/Die-Grasdak/76027615567
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html

JOAN SE DUN PIZZADEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Joan Jansen

Ek gee die pizza deegresep ~ papierdun en maak 2 heelgroot en
1 medium pizzakors.
Wat wonderlik is van hom as hy gebak is, is hy stewig al is hy dun.
Bak op 180 grade C tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
2 kop koekmeel
2 tl bakpoeier, sif saam
30 ml botter of margarien vryf in bogenoemde.
200 ml melk [moenie als gebruik nie]
Vorm 'n deeg.
Bestrooi die werk oppervlakte met meel.
Deel in drie dele en rol een-een uit.
(Of kan gevries word.)
Ek rol al 3 uit, daarna bedek ek ou kartonrolle van tinfoelie daarmee.
Plaas 'n stuk kleefplastiek oor die deeg en rol dit oor die karton.
Die opgerolde deeg word weer met plastiek toegedraai
So ontvries dit later maklik.

*WENK * [gesien op 'n kookprogram]

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html As jy die deeg reghoekig uitrol kan jy die oondpan omdraai en die pizza daarop bak as jy nie 'n pizzabord het nie.
Hy haal ook maklik uit die oond so.*Wat eet ons vanaand*Sandra Saayman.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html



Helena Kruger
PIZZA KORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
275 ml Bruismeel

125 ml Kookolie
150 ml Kookwater en Sout
Meng en skud in tupper bakkie, pasop dat jy nie brand nie, die stoom sal uitkom. Skud vir ‘n rukkie en siedaar, lekker pizza kors deeg. Jy kan die deeg ook gebruik vir terte!!!Kosmater ♥


Helena Kruger
PIZZA DEGIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
10g kits gis;

500ml koekmeel;
10ml sout;
20 ml suiker;
340ml louwarm water.
Meng meel, sout, suiker en gis. Voeg water geleidelik by en meng goed tot dit n sagte deeg vorm. Knie vir 10 min tot glad en elasties. Bedek en laat rus vir 20 min. deel die deeg in 2 porsies en vorm n ronde pizza "base


PIZZA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Moira Botha Dyer
500ml meel
125ml olie;
10ml b/poeier
150ml kookwater.
 Meng meel, sout & b/poeier goed.
 Gooi olie in, meng bietjie & dan kookwater.
 Meng nog bietjie, gebruik dan hande & knie meng goed deur totdat alles saamgemeng is.
 Dis 'n lekker
deeg, sit nie aan jou hande vas nie & druk lekker in gesmeerde oondbak in.
 Jy kan dit so dik soos jy dit wil he maak. Vir pizza, sit al jou best op & kaas laaste & bak by 190C tot gaar.




KITS PIZZA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Angus Olivier

Vinnige enetjie as jy nou net by die huis gekom het en die ogies kyk vir die lee kombuis...
My reseppie is sommer -:
 pak die gesmeerde oondpan met gesmeerde witbrood snye, sodat die pan bodem toe is. Sny weense worsies in skyfies, blokkies tamaties, fyn gekapte uie en maak soos 'n pizza. Klits 1k melk en 5 eiers en gooi in die pan oor al die ander vriende, gerasperde kaar oor en oondtoe. So tien tot vyftien minute, of tot die kaas bruin gebraai het. Baie vinnig.
Hettie Botha
 Die is n heerlike en vinnige resep. Ek sny net piesang by. Dis lekker vir padkos ook.

RADIO ROSESTAD
PIZZA AAND

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
750 ml bruismeel

200 ml kookwater
200 ml sonneblomolie
5 ml sout
Plaas bruismeel, kookwater, olie en sout in ‘n groot plastiekhouer met deksel wat dig seël.
Sit deksel op en skud dit goed op en af, heen en weer totdat dit ‘n deeg vorm.
Druk deeg liggies in twee sirkels van sowat 25 cm in deursnee.
Plaas ‘n vulsel van jou keuse op en bak op matige rooster vir sowat 30 minute lank.
Of in voorverhitte oond by 180 grade C vir 30 minute.
PIZZA “TOPPING” IDEES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
(tamatiesous of blikkie tamatiesmoor as basis)

Hawaiian:
Ham in blokkies, pynappelstukkies, gerasperde kaas
BBQ Chicken & Green pepper:
Hoenderfillet gaargemaak in blokkies, groenpeper in blokkies, BBQ sous, gekapte ui, gerasperde kaas
Something Meaty:
Ham in blokkies, russians in wiele, maalvleis gaargemaak, gekapte ui, BBQ sous, gerasperde kaas
Vegetarian:
Calamata olywe, feta kaas, spietuie, gekapte ui, peppadews, sampioene, groenpeper, gerasperde kaas

Maré Nieuwoudt
Pan-pizza

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Hierdie pizza word sommer in n pan op die stoof gaargemaak. Plaas dit n paar minute onder die roosterelement om die kaas mooi bruin te kry.
250 ml (1k) bruismeel
50 ml olie
3 ml (ruim 1/2t) sout
150 ml louwarm water
Halwe blik van 225 g tamatie en uie-smoor
125 g spekvleis, gekap en gebraai
125 ml (1/2k) ham, in blokkies gesny
125 g (1/2 pak) sampioene, gesny
60 ml (1/4k) pynappelstukkies
Gerasperde cheddar-of mozzarella-kaas
Orego
METODE:
Meng bruismeel, olie, sout en genoeg louwarm water om n slap deeg te vorm. Smeer n dikboompan, 22cm in deursnee, met olie en verhit oor baie lae hitte(stel op 1). Giet deeg in pan en sprei oor die hele bodem. Verhit 5 minute lank tot onderkant stewig is.
Skep tamatiesmoor egalig oor. Sprinkel res van bestanddele oor, die kaas laaste. Geur met orego. Verhoog plaat se hitte (stel op 4). Bedek pan en braai 10-15 minute tot deeg gaar is. Verhit rooster-element van oond en rooster tot kaas effe goudbruin is.(Hier moet jy dit seker verwyder en op geskikte bord sit vir die rooster veral as jou pan plastiese handvatsels het).
Huisgenoot Wenresepte 6 September 2001

SKUD PIZZA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Natasha Pieters
750ml bruismeel,
5ml sout,
200ml kookwater,
200ml sonneblom olie.
Plaas al di bestandele in n groot plastiek houer met deksel.
Skud goed op en af tot n deeg gevorm het. Druk deeg liggies in 2x sirkels, plaas vulsel van jou keuse op en bak sowat 30min by 180 grade.12/1/12

Frieda Greyling
NAAN DEEG , OOK GESKIK VIR PIZZA'S

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Frans Odendaal het onlangs vir my die resep van die broodjies gestuur. Heerlik en ek het dit sommer vir pizza korse gebruik en my mense was gaande daar oor, sal verseker nie weer n ander kors vir my pizzas gebruik nie. Dis so vinnig en maklik! Kors word net 3 min elke kant ge "grill" in oond
?1 (.25 ounce) package active dry yeast
1 cup warm water
1/4 cup white suGar
3 tablespoons milk
1 egg, beaten
2 teaspoons salt
4 1/2 cups bread flour
2 teaspoons minced garlic (optional)
1/4 cup butter, melted
Directions
In a large bowl, dissolve yeast in warm water. Let stand about 10 minutes, until frothy. Stir in sugar, milk, egg, salt, and enough flour to make a soft dough. Knead for 6 to 8 minutes on a lightly floured surface, or until smooth. Place dough in a well oiled bowl, cover with a damp cloth, and set aside to rise. Let it rise 1 hour, until the dough has doubled in volume.
Punch down dough, and knead in garlic. Pinch off small handfuls of dough about the size of a golf ball. Roll into balls, and place on a tray. Cover with a towel, and allow to rise until doubled in size, about 30 minutes.
During the second rising, preheat grill to high heat.
At grill side, roll one ball of dough out into a thin circle. Lightly oil grill. Place dough on grill, and cook for 2 to 3 minutes, or until puffy and lightly browned. Brush uncooked side with butter, and turn over. Brush cooked side with butter, and cook until browned, another 2 to 4 minutes. Remove from grill, and continue the process until all the naan has been prepared..
Die 'regte' prosedure is om die rou pzza-sirkel te maak, smeer met 'n lagie tamatiesmoor of puree, strooi gerasperde kaas oor, en pak dan die dekking oor.
As ek baie gaste het, en ons bak buite in die pizza-oond, berei ons dikwels die pizza halfgaar - dan maak ons die baie pizzas vinniger as die gaste daar is. Veral in die winter.
Jy moet maar toets wat werk beste vir jou, maar senora Triometti het altyd die rou pizzas bedek en saam gebak. Dit vat bietjie ervaring om die prosessie te vervolmaak

Loraine Benadie-Maass 
 Wat vir my werk is as volg: Ek neem 'n blikkie tamatiepuree, kap BAIE vars knoffel en voeg dit by die t.puree. Dan meng ek genoeg olyfolie by die t.puree en knoffel en smeer dit met 'n kwas oor die uitgerolde rou pizza-sirkels waarna ek dit vinnig vir 2-3 minute in die oond bak. Die "topping" word daarna opgesit met BAIE kaas oor en vinnig gebak tot gaar (indien ek as deel van my "topping" uie en "green pepper" gebruik, maak ek dit ook vooraf vinnig apart gaar).http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html


PIZZA VULSELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/pizza-idees-deeg.html
Mybodyblog SA

Ons hou nogal van tuna, rou uie en sampioene met cheddar kaas bo oor (die uie maak die pizza lekker!)

Elizabeth Steyl Hattingh
Smeer sweet chilly sous op basis en sit bacon mushrooms en kaas kan ook avo skyfies bysit. Oorskiet hoender of hoender fillets wat in bietie olyf olie gebraai is met chicken spice met musrooms en fyn pynappel en kaas. Ek gebruik altyd sweet chilly op die basis
Gabri Viljoen
 Bacon en geglasuurde kersies

Lizelle Haasbroek
Gerasperde viennas of selfs bully beef net so lekker

Hanlie De Beer
Ons koop daai blikkies hoender dan meng ons dit met sweet chillie sous en bietjie fetta met gerasperde kaas, mmmm heerlik. Jy kan selfs blokkies vleis met spur se rib sous met pynappel en pepperdews
Dalene Brits
Smeer die basis met: tamatiesous, mayonnaise en bladjang gemeng (mmm...) Strooi bietjie Italian spice of Mixed herbs en begin dan jou toppings pak.
Ons hou van uie, in ringe; green pepper, dun strips, pynappel stukkies; en mushrooms; en dan salamiskyfies met gerasperde kaas bo-oor. Yummie! Die sous oor die basis is tops. Ons noem dit
" PIEETZA-ALA-MAAAMA


Marieta Marx Grundling
Ek koop n hamrol en rasper dan saam kaas, pynappel stukkies, mushrooms en uie of peppers. Die hamrol werk goedkoper uit.

Esmé Nel
braai mince met uie, gooi by chutney, bbq sous, bietjie Worcestershire sous en tematiesous... ek het ongelukkig nie hoeveelhede nie, proe proe maar tot dit reg is!
Sunita Fourie de Villiers
My gunsteling: meng chutney, mayonnaise, 1 blikkie tuna, halwe gerasperde ui en gerasperde kaas. Smeer op pizzadeeg. Sny uieringe vir bo-op versiering. Yummy


No comments:

Post a Comment