Saturday 30 March 2013

KLUITJIES OP BREDIES / POTJIES



Kluitjies
310 ml bruismeel
Knippie sout
100 g botter
15 ml gekapte roosmarynblaartjies
180 ml karringmelk
meng meel en sout in ’n bak en vryf botter daarby in. Voeg roosmaryn by en sny karringmelk met ’n mes in (soos vir skondeeg) tot klam krummels vorm. Druk liggies bymekaar en skep eetlepelsvol van die deeg op die borrelende bredie. Bedek en laat prut liggies vir 10-15 minute, tot deurgaar.*Landbou*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kluitjies-op-bredies-potjies.html



Helena Kruger
Onthou dit vandag op jou Potjie of Bredies***
Michelle Nel
Kluitjies
375 ml bruismeel
3 ml sout
125 ml margarien
2 eiers
125 ml melk
Meng die meel en sout. Vryf die margarien in die meel, klop die eiers en melk saam. Voeg by die meel. Skep die deeg lepels gewys op die kos bv. potjie/bredie. Sit die deksel op en kook 30 minute http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kluitjies-op-bredies-potjies.html




Andrieshia Gray>>in stoompot gemaak**
Tina De Welzim-Wewege
Kluitjies om op jou vleis te sit
500gr Self -raising.
1 eetlepel olie ,
kwart teelepel sout.
Meng met water ,nie te slap nie. Sit lepelsvol op die vleissous http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kluitjies-op-bredies-potjies.html









Marieta van Bladeren >>>>





Kyk hierdie heerlike resep. Mens kook 'n beesbredie en top dit dan met brood gedip in mengsel van eier, melk, pietersiellie, parmesaan en knoffel. Mens plaas brood bo-op biefmengsel en bak vir 30 minute tot houdbruin.

Lyk dit nie heerlik nie!!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kluitjies-op-bredies-potjies.html

No comments:

Post a Comment