Monday 18 February 2013

VYEKONFYT / SUURVYE / KONSERF



INA SE GEPRIKTE HEELVYKONFYT |
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html

5 kg ongeskilde persvye en
gelyke maat suiker
1 liter water
stukkie gemmerwortel
Prik vye, sny die steeltjies af en laat oornag in water met 3 eetlepels koeksoda staan.
Gooi koeksodawater volgende dag af.
Kook met skoon water vir so 7-10 minute.
Kook die vye, suiker, gemmer en liter water tot die stroop dik genoeg is.
Bottel warm. Hemels.
Die Bloubakkie*6/4/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Berie Smith
BEPROEFDE GROENVYE KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
Neem 1 lb vrugte,
Was deeglik af.
Sny 2 kepies oorkruis in voorkant van vrug
Steek gaatjies oor die hele vrug.
Neem ½ k water vir elke koppie suiker.
Plaas suiker en water op stadige hitte totdat suiker heeltemal gesmelt het.
Sit stoof vinniger en laat stroop vinnig kook.
Sit vrugte een vir een in die stroop en laat vinnig kook tot deurskynend.
Gemmerstukke of heel naeltjies kan bygevoeg word.
Voeg 2 –4 lepels suurlemoensap of ½ t wynsteensuur by.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

RYP-VYE KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
Vir ryp-vye konfyt moet die vye ryp maar ferm wees. Wanneer dit klaar geskil is, moet dit ‘n tydjie lank in die son staan om die nerf hard te maak. Prik die vye goed met ‘n stopnaald.
Stroop
375g suiker vir elke 500g vye
125ml water vir elke 250g suiker.
 Metode:
Kook ‘n stroop van die suiker en water totdat die suiker opgelos is. Kook die vye in die stroop, tot sag maar nie pap nie. Voeg 3 teelepels suurlemoensap, ‘n paar naeltjies en ‘n stukkie gekneusde gemmer by vir geur. Wanner vye gereed is, verwyder die kruie en bottel warm.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

HEEL VYE KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
Skil die pas ryp stywe vye dun af. Plaas die vye ‘n uur lank in die son vir die nerf om hard te word. Weeg die hoeveelheid vye af en prik dit. Maak ‘n oplossong van 25ml gebluste kalk of 45ml koeksoda per 5liter water. Meng dit goed en gooi die helder vleistof af wanneer ‘n afsaksel gevorm het. Laat die vye 2-3 ure lank in die helder vloeistof week. Haal die vye uit, spoel af en dreineer goed. Gerbuik 1kg witsuiker. 1 liter water en 20ml suurlemoensap per 1kg vye. Verhit dit stafdig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Plaas die vye bietjie-bietjie in die kokede stroop en kook dit matig vinnig totdat die vye helder en deurskynend en die stroop dik is; Skuim die konfyt af, indien nodig. Skep die vye in voorbereide inmaak flesse en vul dit met die stroop. Verseël die flesse dadelik.
N.S: Voeg 6 jong vye blare by elke 1kg vye, dit gee heerlike vyesmaak aan die konfyt. Haal die blare uit en gooi weg voor gebottel word.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

FYN VYE KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html2.5kg vye
3 knoetse gedroogde gemmerwortel
2.5kg suiker
1 liter water
500ml druiweasyn
 Metode:
Sny die vye in stukkies. Kneus die gemmer en bind dit in ‘n sakkie van kaasdoek toe. Verhit die suiker, water en asyn tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Kook dit 10min. Voeg die vye en gemmersakkie by die stroop en prut die mengsel ongeveer 4 uur lank totdat dit dik is. Verwyder die gemmersakkie en gooi weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Laat ‘n paar minute afkoel, roer die konfyt goed deur, bottel warm en verseël dadelik.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VY-EN-LEMOENKONSERF

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
1kg vye
1 lemoen
750g wit suiker
50ml suurlemoensap
250g pitlose rosyne
75g geblansjeerde amandels
 Metode:
Skil die vye en sny dit fyn. Sny die lemoen met skil en al in skyfies op en verwyder die pitte. Bedek die lemoenskyfies met kookwater rn kok dit tot amper sag. Voeg die vye by en kook die mengsel tot sag. Voeg die suiker en suurlemoensap by, verhit dit stadig tot kookpunt en roer totdat die suiker opgelos is. Kook die mengsel taamlik vinnig tot helder en dik, roer dit af en toe en roer die rosyne en amandels teen die einde by. Skuim die konserf indien nodig. Laat ‘n paar minute afkoel, roer goed en bottel warm en verseël dadelik. *Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VY-EN-APPELKONSERF

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
1kg vye
500g suurappels
875g wit suiker
125ml suurlemoensap
250g pitlose rosyne
50g gekapte pekanneute
 Metode:
Sny die vye met skil en al in stukkies op en sit dit eenkant. Skeil die appels en sny in kwarte. Sny die klokhuisies uit en sny die kwarte in skyfies. Bind die skille en klokhuisies in ‘n sakkie van kaasdoek toe. Voeg net genoeg water by die appelskyfes om dit te bedek. Voeg die skilsakkie by en kook die appelskyfies tot sag. Verwyder die sakkie en gooi weg. Voeg die vye, suiker, suurlemoensap en rosyne by die appelpulp. Verhit die mengsel stadig en roer totdat die suiker opgelos is. Kook dit ongeveer ‘n uur lank oor matige hitte tot dik en helder. Skuim af indien nodig. Roer die neute by, bottel warm en verseël dadelik. *Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Marcia Van Heerden
GROENVYE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
Hier is my resep (jammer vir die Engels). Dit is baie lekker as die wag verby is.
500 g green figs
500 ml sugar
25 g calcium hydroxide
3 whole dried star anise
3 dried allspice berries
1 piece of fresh ginger, peeled – don’t use anything that’s bitty because it will influence the syrup
Wipe the green figs, well and scrape along the sides with a sharp knife to remove wooliness.
Cut a cross at the base of the fig.
Dissolve the calcium hydroxide in 2 ½ litres of water and place the prepared figs in the water to soak over night.
The next day, drain the figs well to remove all traces of the calcium.
Dissolve all the sugar in 2 litres of water, add the dried spices and boil until you have a good syrup.
To this, carefully add the figs and the piece of ginger root and boil until the figs are just tender – they have to be quite crisp on the outside but tender enough for a skewer to go through with ease.
During the cooking process you will notice that foam accumulates at the top of the syrup, constantly remove this.
Pack the figs in suitable sterilized jars, seal and allow to mature for 6 weeks   7/10/2011
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Annette Swanepoel
Suurvyekonvyt
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html

(Kook Suid-Afrikaans, Magdaleen van Wyk, 1986)
1 kg suurvytjie
100 g sout, opgelos in 5 liter water
1 kg suiker
1 liter water
1 kaneelstokkie
Sny die stingels van die suurvye af, spoel vrugte goed af en week oornag in die soutwater.
Dreineer die vrugte en spoel weer goed.
Maak n stroop van die suiker, water en kaneel.
Laat opkook en voeg die vrugte by.
Kook totdat die vrugte blink en die stroop dik is.
Skep dadelik in warm, droë gesteriliseerde bottels en verseel.
Droe suurvye kan ook gebruik word. Week vye oornag in water en berei soos hierbo* Kook Suid-Afrikaans, Magdaleen van Wyk, 1986* Annette Swanepoel*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Berie Smith
SUURVYEKONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html

500g suurvye
625ml suiker
1250ml water
Pluk vrugte sodra dit geel en nie te ryp is nie. Skil baie dun af en laat oornag in soutwater. [Die vrugte moet goed onder die water toe wees.]
Gooi water die volgende oggend af en kook stroop van suiker en water.
Voeg vrugte by en kook tot deurskynend is en stroop die regte dikte. [Die konfyt moet 'n rooi kleur wees.]
Skep in bottels en koel af voordat bottels toegemaak word.*Bottel en Bere Erina Bezuidenhout*Berie Smith**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Berie Smith
SUURVYEKONFYT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
[BOEREKOS]
Die suur vleisgedeelte binne-in die vrug is slymerig met blink, bruin sade daarin. Die onderste deel van die vrug word afgebyt en die vleisgedeelte uitgesuig.
Heerlike konfyt word van suurvye gekook en dit word ook vir oosterse disse gebruik.
1 kg suurvye
100 g sout
1 kg suiker
1 stokkie kaneel
6 liter water
Metode:
1. Sny die suurvye se punte af, spoel goed af en week oornag in 5 liter water en sout mengsel.
2. Gooi die water af, (moenie water weggooi nie, gooi oor in skoon kastrol)
3. Spoel af en skil.
4. Maak 'n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.
5. Bring tot kookpunt en voeg die vye by.
6. Kook tot die vrugte blink en stroop lekker dik is - (+- so twee ure)
Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.*Boerekos*Berie Smith
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Fyn vyekonfyt

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
Geskryf deur: chefsharkie
Was en skil die ryp vye dun af en weeg dit. Gebruik 375 g suiker vir elke 500 g vrugte en 125 ml water vir elke 500 g suiker. Sit die vye en die suiker in lae in n kastrol en voeg die water by. Verhit stadig en roer af en toe tot die suiker opgelos is. Voeg n stuk gekneusde gemmerwortel en 15 ml suurlemoensap vir elke 500 g vrugte by. Kook verder, omtrent n uur en bottel dit warm

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VYE KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/vye-konfyt-suurvye-konserf.html
*Als tuis gemaak*
2.5kg vye
3 knoetse gedroogde gemmerwortel
2.5kg wit suiker
1 liter water
500ml druiwe asyn
Sny die vye in stukkies op. Kneus die gemmer en bind in 'n stukke moeselien of kaasdoek toe. Verhit die suiker, water en asyn tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit 10 minute lank. Voeg die vye en gemmersakkie by die stroop en prut die mengsel ongeveer 4 uur lank totdat dit dik is. Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg. Skuim die konfyt af indien nodig, en laat dit 'n paar minute afkoel. Roer die konfyt goed deur, bottel dit warm en verseël dit dadelik.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment