Monday 18 February 2013

KONFYT TERTJIES / JAM TARTS / HANDTERTJIES


RAAD VIR KONFYTTERTJIES 

1. Rol die konfyt in meel.
2. Smeer eierwit aan die een rand van die sirkel en druk  
    stewig toe met 'n  vurk.
     Moenie die hele sirkel smeer nie, dan is dit eier op eier; 
     dit moet wees eier  op deeg  dan klou dit beter.
3. Steek 3 gaatjies met tandestokkie in die doppie.
4. Plaas tertjies nou in die yskas vir ten minste 30 min.

(laat die konfyt binne bly)
Ade Le Vries 
plaas bietjie gevriesde konfyt in die tertjie of spuit die konfyt na gebak in met 'n spuitnaald.


Alda Cilliers
Wanneer ek konfyttertjies met outydse skilferdeeg (tuisgemaak, nie die wat jy in die supermark koop nie) maak, druk ek die deegsirkels uit, smeer die randjie van die een helfte met wat en druk dit toe in 'n halfmaantjie. Dan bak ek dit SON...DER konfyt. Die dingetjie pof mos so mooi op, en wanneer dit uit die oond kom, spuit ek appelkooskonfyt daarin met een van daardie spuitbotteljies met die punt aan wat mens gewoonlik sou gebruik vir tamatiesous.

Brosdeegtertjies is 'n ander storie: ek gebruiuk appelkooskonfyt wat ek self gekook het. Het hierdie wenk by 'n bejaarde dame gekry: wanneer jy konfyt kook, kook so een pot heelwat langer as die ander sodat jy 'n lekker stywe konfyt het. Wanneer jy die tertjie maak, rol jy die stywe konfyt ook in bietjie meel en sit dit dan in die tertjie voordat jy dit toeplak en bak.
Of meng die konfyt met bietjie pampoen


Rika Jacobs Stiglingh : jy moet die konfyt eers in meel rol as jy dit in die deeg toe maak.

Dalene Brits
Die gaatjie bo-op werk
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-tertjies-jam-tarts.html


KONFYT HANDTERTJIES

Erna Aucamp
Hier is 'n resep vir die deeg ook. My skoonma het hom altyd gemaak.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-tertjies-jam-tarts.html

230 g botter (margarine is goed, maar botter gee n lekkerder smaak)
2 k meel
1 t kremetart
knippie sout
½ k yskoue water (bietjie meer as jy voel die deeg wil nie lekker bind nie)


Gebruik jou vingers en vryf die botter in by die meel, kremetart en sout.
(Dit is makliker as jy die botter vries en dan sommer rasper!!)
Meng die water bietjies op n slag by en meng in met n mes.
Bind die deeg en bedek met n koue lap.
Laat die deeg in die yskas staan vir omtrent 30 minute.
Rol uit en gebruik n koekiedrukker (so groot soos jy dit wil maak) en skep n teelepeltjie appelkooskonfyt in die middel.
Vou die een helfte van die sirkel tot op die ander en druk saam met n vurk.
Smeer melk bo-oor die halfmaantjie en bak in n verhitte oond teen 200 º C vir omtrent 15 – 20 minute, tot ligbruin.
** Iemand het n wenk gegee om die teelepeltjie konfyt in n bietjie meel te rol voordat dit op die deeg gesit word, sodat dit nie uitkook nie.
** Rina Smit: Ek maak 3 gaatjies met n toothpick dan kook dit nie uit nie.



HANDTERTJIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-tertjies-jam-tarts.html
1 pak (500 g) bruismeel                                   
2 ml sout
250 g botter of margarien
250 ml room
200 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml koekmeelblom
1 eier
25 ml melk

Sif bruismeel en sout saam. Vryf botter hierin totdat mengsel fyn gekrummel
is. Voeg room by en meng tot ‘n deeg. Meng appelkooskonfyt en koekmeelblom
deeglik. Klits eier en melk saam.

Rol elke keer ‘n bietjie deeg dun uit op meelbestrooide deegplank en druk 8
cm sirkels met koekiedrukker af. Maak rand van elke sirkel met bietjie
water klam. Skep teelepelsvol konfyt op elke sirkel, vou deeg oor en
verseël. Verf eiermelk bo-oor. Bak 10 minute by 200ºC. Laat afkoel op
draadrak. 6 dosyn. 
Bron: HUISGENOOT (Van Hettie)

JACQUES SE KONFYTTERTJIES

Jacques Briel
6 kop koekmeel
500 g botter
250 g holsum
1 botteltjie sodawater (bar size) ek dink dit is 187 of 200 ml
appelkooskonfyt


Vryf botter en holsum in koekmeel meng met yskoue sodawater tot uitrolbare deeg.
Laat rus deeg vir 30 minute in yskas.
Rol dun uit.
Druk met wynglas sirkels uit.
Plaas appelkooskonfyt op deeg sirkels.
Vou sirkels in helfte oor om halmaan te vorm.
Druk randjies vas en smeer met melk en eier was.
Bak teen 180 * C tot ligbruin. #Handtertjies

Konfyttertjies

Marie Gerber Meiring
ja tannie,dis net
250gr margerine,
1 koppie room wat mens meng,dit meng nie baie baie goed nie en dan sif mens
3 koppies meel en
knippie sout by,nie knie nie net druk uitrol en maak    #Handtertjies
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-tertjies-jam-tarts.html




  6/5/2014>Maggie De Castro 

Joey Badenhorst Lotter
KONFYTTERTJIES


baie lekker net soos my ouma sin.
Maak 60 tertjies
Verkoeltyd 4 uur
Gaarmaaktyd 30 minute
340g botter
4x250ml(4 koekmeel
knippie sout
250ml(1k) kookwater
appelkooskonfyt
1 eiergeel en 'n bietjie melk geklits


Voorverhit die oond tot 180 ºC Spuit 'n paar bakplate met kossproei
Sif meel en soout saam. Smelt die botter in die kookwater en meng by meel en sout. Vorm in 'n bol bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 4 uur. Rol die deeg dun uit en druk sirkels uit. Pak die sirkels op die bereide bakplate. Skep 'n klein bietjie appelkooskonfyt op die een helfte van elke deegsirkel. Verf kante met water . Vou die ander helfte oor en druk die kante met 'n vurk vas. Verf die tertjies liggies met die eiermelk en bak 25-30 minute of tot goudbruin. Laat afkoel op draadrakkie. Bêre in 'n lugdigte houer. Ek gooi 'n bietjie koekmeel by my konfyt sodat dit nie uitloop nie    #handtertjies

Helena Kruger

OUTYDSE KONFYTKOEKIES

5 K Meel
2 t koeksoda
2 k suiker
2 t kremetart
¾ k melk
2 eiers
125 g margarien
sout
910 g Appelkoos of Perske Konfyt


Klop botter en suiker tot room
Roer eiers in
Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by
Voeg res van bestanddele by
Rol dun uit
Druk met wynglas sirkels uit
Meng die konfyt met 'n bietjie MAZIENA dit help dat die konfyt nie uitkook as dit gebak word)
Plaas konfyt op deeg. Sit nog 'n deegsirkel bo-op, druk vas met vingers in die rondte
Bak 10 min op 180º C of tot mooi bruin!!!Pieter!!!!6/11/10 

WENK:
N.s Onthou van die Maziena[Mielieblom] Helena!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-tertjies-jam-tarts.html


Helena Kruger

KONFYTTERTJIES 

6 kp meelblom
8ml sout
3 eiergele geklits
60ml wit asyn
5ml kremetart (gelyk)
190ml koue water
625g margarien


Sif droe bestanddele en vryf margarien in
Meng tot 'n deeg met geklitste vloeistof
Laat deeg oornag in die koelkas rus.
Rol klein stukkies deeg dun uit, druk af met 'n 8cm deursnee ronde koekiedrukker
Plaas 'stukkie stywe appelkooskonfyt op elke sirkel.
Klop eierwit effens en maak die helfte van die sirkel nat.
Vou deeg oor en verseel rand met 'n vurk
Plaas op gesmeerde bakplaat, verf geklitste eier oor tertjies
Strooi 'n bietjie wit suiker oor
Plaas panne in koelkas tot al die tertjies klaar gemaak is.
Bak in oond van 200 grade vir 10-12 min of tot goudkleurig  {6dos.] kosmater   #handtertjies

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-tertjies-jam-tarts.html      
     

1 comment: