Wednesday, 24 August 2016

PERI PERI HOENDER IN SLOW COOKER



PERI PERI HOENDER IN SLOW COOKER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/peri-peri-hoender-in-slow-cooker.html

Eie Resep Helena *
1 heel hoender opgesny[ ek het Hoender Dye gebruik]
1 ui gekap[ hier kan jy Groen Soetrissies ook byvoeg ]
1 blikkie gekapte tamaties
1 pakkie Tamatie Paste
1e vars gemmer gerasper
1 Pak Peri Peri Cook in Sauce
2k water
1/2 t sout of na smaak
3 aartappels halfpad gaargekook en in kwarte gesny
2 Wortels in stukkies gesny en half gaar gekook[mic]
METODE
Braai uie, gemmer [skep uit]
Braai jou hoenderstukkies mooi bruin[skep uit]
Braai jou tamaties, en Tamatie paste vir so 1min
Voeg jou uie en gemmer by
Voeg hoender by en roer goed deur
Voeg jou Cook-in-Sauce by
Voeg aartappels en wortels by asook die water
Laat net opkook en skep in jou Slow-Cooker Stel dit op High vir 2h->as die sous te min is na jou smaak gooi nog bietjie water by terwyl dit kook
>N.S dit kan na 1h op Med gestel word vir stadiger kook>Helena Kruger 24/08/2016



 




 



 


 

LEEKS PICKLED


LEEKS PICKLED MICROWAVE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/leeks-pickled.html

*eie verwerking Helena Kruger*
Leeks[Prei]  [3 groot stingels] in ringetjies gesny
N.S> Was dit net baie goed af sodat daar nie sand in is nie en maak droog

SOUS
2 k Suiker
1 ¼ k Asyn
1 ½ t Sout
½ t Borrie
1 t Geel Mosterdsaad
½ t Seldery saad

METODE
Meng sous bestd. Baie goed in n glasbak [mic]
Sny Leeks [Prei] in ringetjies
Meng alles baie goed en plaas in die Mikrogolf oond
Kook 3min op High*
Roer goed deur
Kook weer 3min
Roer weer goed deur
Kook nou 2min en roer goed en bottel dit warm in warm bottels
Laat dit staan vir ten minste 3dae voor gebruik..lekker *crispy*



 


LEEKS PICKLED

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/leeks-pickled.html


*eie resep Helena Kruger*
SOUS:
5 k Asyn
1k Water
2k Suiker
2t Sout
1 t Droe Dil
15 Peperkorrels

GROENTE:
7-8 Knoffelhuisies in repies gesny[ of minder soos jy wil]
Leeks[ Prei] in ringetjies gesny [ek het 2 groot lowwe gebruik vir die twee bottels]

BOTTELS:
1/2 t Mosterd saad [geel]
1/2 t Selderysaad
METODE:
Kook jou SOUS vir 3min
Gooi jou Mosterdsade en Selderysaad onder in jou voorbereide bottels
Vul jou bottels[warm] met die groente[Leeks ringetjies rou] en gooi jou sous bo-oor
Haal al die borreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel dit warm en styf
Laat staan vir ongeveer 2weke voor gebruik*Helena Kruger*
N.S>BERE JOU PIEKEL VLOEISTOF WAT OOR IS IN DIE YSKAS EN GEBRUIK DIT WEER VOLGENDE KEER VIR ANDER PIEKELS..DIT HOU BAIE LANK IN DIE YSKAS..

Tuesday, 16 August 2016

PAPBALLE MET WORS



Papballe met Wors in n Stroganoff Sousie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/papballe-met-wors.html
*eie verwerking Helena*
Maak lekker stywe pap en laat dit bietjie afkoel
Braai solank jou worsie net bruin buite om [nie gaar nie]
Braai ui[ jy kan sampioene ook byvoeg as jy wil] sommer in die pan van jou wors..
Maak balle met jou Roomys skepper en plaas in gesmeerde oonbak
Skep jou uie mengsel bo oor
Neem jou wors en druk dit liggies bo-op die papballe
SOUS*
Neem 1 pakkie Beef Stroganoff *Dry Cook-in- Sauce* van Knorr* en meng dit met 1k Room of Melk
Gooi dit bo-oor die wors en papballe en plaas klontjies botter bo-op..strooi bietjie pietersielie oor
Bak in die oond vir so 30min op 180*C
Helena Kruger>16/08/2016

                                                                 STAP 2


                                                                       STAP 1


                                                                  SOUS


Thursday, 11 August 2016

SELDERY EN WORTEL PIEKELS

SELDERY EN WORTEL PIEKEL

*eie resep Helena Kruger*
SOUS:
5 k Asyn
1k Water
2k Suiker
2t Sout
1 t Droe Dil
15 Peperkorrels

GROENTE:
7-8 Knoffelhuisies in repies gesny
Seldery en Wortel repies

BOTTELS:
1/2 t Mosterd saad [geel]
1/2 t Mostersaad swart
1/2 t Selderysaad
METODE:
Kook jou SOUS vir 3min
Voeg jou Wortels en knoffel by en kook vir 3min
Gooi jou Mosterdsade en Selderysaad onder in jou voorbereide bottels
Vul jou bottels[warm] met die groente[Seldery repies rou] en gooi jou sous bo-oor
Haal al die borreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel dit warm en styf
Laat staan vir ongeveer 2weke voor gebruik*Helena Kruger*11/08/2016

 EN HIER HET EK SELDERY EN CHILLIES EN PREI OOK OP DIESELFDE RESEP GEPIEKEL>Helena Kruger

 

Tuesday, 2 August 2016

BISCOTTI

JENNY SE BISCOTTI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/08/biscotti.html


125 gr Stork Bake
2 tlp vanilla ess
1 en 1/2 k suiker
5 eiers
7 k koek meel
1 en 1/2 tlp koeksoda
3 tlp bak poeier
1 k gemengde droee vrugte
1 k sultanas
1 k amandels.
+- 1/2 k Rooi en groen kersies

Room metode.
Deel op in 4 gelyke dele.
Voeg 1 k droee vrugte koek mengsel by 1 deel,
1 k sultanas by ander deel,
1 k amandels by ander deel en
rooi en groen kersies by ander deel.
Rol elke deel in n wors omtrent so dik soos n baba se gewrig.
Plaas op n gesmeerde bakplaat, kwas met melk en sprinkel met 'castor suagar'.
Bak 180 C vr 20-25 min tot gaar.
Laat heeltemaal afkoel en sny in skywe so vinger dikte.
Droog uit selfde as beskuit.
Mens kan chok chips gebruik of pekan neute ipv vrugte en of n kombinasie van wat jy het.
Dis ni so hard soos beskuit ni.
Vir tuisnywerhede het ek gekroek en bietjie egg yellow ingegooi. Dit lyk baie mooier as jy dit sny veral di amandels. #jennysebiscotti**
Jenny Schneigansz**02/08/2016
Lekker Resepte vir die Jongergeslag

Wednesday, 27 July 2016

BLAARSLAAI SOP

Ek se mos altyd ..Mens kan van ALLES sop kook...
AGV. te veel BLAARSLAAI gekerf vir 70 Burgers kan ek dit mos nie in die asblik gooi nie..en niemand wou my glo nie toe kook ek maar vir hulle SOP.en ja tot die laaste bietjie het my Kattekinders ge-eet.Helena Kruger Hier is die resep probeer dit is baie lekker..
1 Kop Blaarslaai fyngekerf
1 wortel gerasper
1 Groot Aartappel gerasper
1 klein uitjie gerasper
1 groot Spinasie blaar baie fyn gekerf[opt]
1 blokkie hoenderaftreksel opgelos in 1k warm water
Sout en Peper na smaak
METODE

Plaas alles in kastrol en gooi genoeg kookwater oor en kook tot sag en lekker**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*26/07/2016

 


BLAARSLAAISOP

 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-soppe.html

METODE

500 ml room
3 liter melk
750 ml kookwater
1½ ui
1 eetlepel olyfolie
2 pakkies repiespek
3 groot aartappels - grof gerasper
1½ kop blaarslaai
2 pakkies hoenderroomsop
Hoenderaftreksel - aangemaak met water
Kook melk en water saam
Gooi aartappels by en kook tot sag
Braai uie apart in olyfolie
Braai repies spek in dieselfde olie
Gooi uie en spek in melk en kook
Gooi ook blaarslaai by
Voeg hoenderaftreksel by en laastens die room
Kook vir sowat 1 uur.
* RSG - Christine se blaarslaaisop

Thursday, 14 July 2016

KAAS EN UIE WAFELS


KAAS EN UIE WAFELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/07/kaas-en-uie-wafels.html

• 320 g (590 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 groot eiers
• 500 ml melk
• 120 g (130 ml) botter, gesmelt
• 250 ml beleë cheddarkaas
• 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
• 2 jalapeño-rissies, fyngekap (opsioneel)
• 4-6 groot eiers, gebak, om voor te sit
• 250 g streepspek, gebraai, om voor te sit
• pangebraaide of oondgeroosterde kersietamaties en bruin sampioene, om voor te sit

1 Klits die meel, bakpoeier en 3 ml sout saam.
Klits die eiers in ’n ander bak, voeg die melk by en klits dit tot dit glad is.
Klits die gesmelte botter in ’n dun straaltjie by.
Roer dan die kaas, uie en jalapeño- rissies by, indien jy dit gebruik.
2 Voeg die meelmengsel by en vou dit in tot al die bestanddele ingemeng is.
3 Verhit ’n wafelpan.
Skep van die wafelbeslag in wanneer die pan warm is en maak dit toe.
Maak dit gaar tot die wafel goudbruin is (sonder om die wafelpan oop te maak).
Haal die wafel uit die pan en sit dit eenkant.
Herhaal die proses met die orige beslag. (Hou die gaar wafels in ’n verhitte oond tot al die beslag opgebruik is.)
4 Sit die wafels voor met gebakte eiers, bros spek, gebraaide tama- ties en sampioene bo-op geskep.Genoeg vir: 4-6
*Bron Onbekend*Helena